Vrou dagvaar ministerie ná ‘bevalling in openbaar’
’n Vrou van Rehoboth wat beweer sy moes twee jaar gelede ten aanskoue van ander pasiënte by die Katutura-staatshospitaal geboorte aan ’n vroeggebore baba skenk, dagvaar die ministerie van gesondheid vir N$750 000 weens beweerde mediese nalatigheid.
Die saak sal in April vir bemiddeling aangehoor word.
Luidens haar eisbesonderhede is Ottilie Kaongo, wat toe 23 weke swanger was, op 19 Oktober 2023 vanaf die staatshospitaal in Rehoboth na die Katutura-staatshospitaal verwys vir mediese behandeling.
Sy beweer sy is vir ’n onredelike lang tydperk sonder toesig en mediese hulp gelaat.
“Ek het om 16:30 daar aangekom en is alleen op ’n draagbaar in die hoofpasiëntewagkamer gelos. Uiteindelik het ek in kraam gegaan en geboorte aan ’n vroeggebore baba geskenk ten aanskoue van die publiek,” het sy gesê.
In sy pleitverklaring ontken die ministerie die bewerings ten sterkste en dui aan private paramedici het Kaongo ingebring en dat hospitaalpersoneel nie dadelik van haar aankoms ingelig is nie.
Die ministerie voer egter aan toe hul personeel van haar bewus geword het, het hulle vinnig opgetree om na haar om te sien.
Kaongo sê verder sy was vir sowat 30 minute op die draagbaar met haar vroeggebore baba, wat met bloed en afskeiding bedek was, voordat hospitaalpersoneel na haar omgesien het.
TRAUMATIESE ERVARING
Ongeveer vier tot vyf uur ná haar baba se geboorte is sy na bewering steeds nie bygestaan nie.
“Na die bevalling het ’n personeellid, wie se naam ek nie ken nie, die naelstring geknip en die baba na die kraamsaal geneem, terwyl ek daar in my eie bloed ten aanskoue van die publiek gelê het,” lui haar hofstukke.
’n Mediese dokter, wie se naam sy nie gehoor het nie, het haar eers ná ’n ruk ingelig dat haar baba dood is. Die dokter het egter nie die oorsaak of omstandighede van die baba se dood bekend gemaak nie.
“Hulle het vir my ’n vorm gebring om te teken, wat lui dat die hospitaal nie my pasgebore baba se liggaam aan my sal gee nie en dat hulle met die verassing sal voortgaan,” het sy beweer.
Hulle het glo ook geweier om vir haar ’n doodsertifikaat en ’n mediese verslag te gee.
Die ministerie gaan voort om sy onskuld te handhaaf, terwyl hy erken dat die baba gesterf het, maar sê dit was ’n miskraam weens ’n nie-lewensvatbare swangerskap eerder as nalatigheid.
Indien die hof die ministerie van gesondheid aanspreeklik vind vir die eis, is die Katutura-hospitaal glo self van voorneme om verantwoordelikheid te neem, eerder as individuele personeellede.
Haar saak wat aanvanklik voor regter Shafimana Ueitele in die hoërhof in Windhoek hangende was, is Dinsdag in die hof vir bemiddeling verwys.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie