Vrou getuig oor grumoord, verkragting
Finale betoë voor vonnisoplegging
Regter Naomi Shivute sal op 28 September die veroordeelde bylmoordenaar se vonnis oplê.
“Dit was vernederend. Hy het my van my waardigheid gestroop. Ek kry steeds terugflitse van daardie dag.”
So het die verkragtingslagoffer Maandag in die hoërhof in Windhoek getuig teen die man wat ook haar man met ’n byl doodgeslaan het.
Sy het tydens die staat se finale betoë voor vonnisoplegging vir ’n strawwer vonnis vir Kazana Nicolaus Hausiku getuig.
Sy het verder getuig sy is getraumatiseer deur die voorval wat op 10 November 2018 op die egpaar se hervestigingsplot in die Otjimbingwe-omgewing naby Karibib plaasgevind het.
Hausiku het slegs drie weke as tuinier op die plaas gewerk toe hy die oorledene met ’n byl agter die kop geslaan het. Hy het daarna die vrou met ’n panga in die huis gedwing en haar verkrag.
Hy het toe van die egpaar se besittings in hul voertuig gelaai en die vrou gedwing om by die passasierskant in te klim. Hy het die voertuig sonder ’n rybewys bestuur en het die voertuig op die grondpad omgegooi.
Hausiku is skuldig bevind op een klag van moord, verkragting, rooftog, ontvoering, die bestuur van ’n voertuig sonder ’n rybewys en nalatige en/of roekelose bestuur.
Die verdediging het tydens hul betoë voorgestel dat Hausiku nie meer as 20 jaar tronkstaf moet kry nie en die staatsaanklaer het aangevoer hy moet minstens 30 jaar opgelê word.
Regter Naomi Shivute sal op 28 September die vonnis oplê.
HAUSIKU SÊ JAMMER
Hausiku het by monde van sy regsverteenwoordiger vir die oorledene se vrou gesê hy is baie jammer vir sy dade.
Dit was die eerste keer dat Hausiku enige teken van berou getoon het.
Voordat Shivute die verdediging gewaarsku het om meer sensitief te wees met sy vrae tydens kruisondervraging van die oorledene se vrou, het hy haar gevra of hulle Christene is. Hy het aangevoer dat Christene hom vir sy dade sou vergewe.
“Ons aanvaar sy verskoning en vergewe hom, maar geregtigheid moet steeds geskied,” het sy geantwoord.
Die verdediging het ook beweer dat indien dit haar seun was wat in die beskuldigingsbank gesit het, sy waarskynlik wou gehad het die hof moet genade toon.
‘’N WAARDIGE, RESPEKVOLLE MAN’
Die oorledene se vrou het getuig hulle het die plot gekoop as deel van haar man se aftreeplan.
Hulle was van plan om hulself daar te onderhou wanneer hy afgetree het. Die oorledene was 59 ten tyde van sy moord.
“Hy was ’n waardige, respekvolle en gedissiplineerde mens. Hy het vir sy familie gesorg en het ’n noue verhouding met sy kinders en kleinkinders gehad,” het sy gesê.
Sy het verder getuig die oorledene se oudste seun het die plot oorgeneem en dat sy te getraumatiseerd is om na die plot terug te keer.
“Ek hoop die hof gee vir hom ’n vonnis wat gepas is vir die ernstige misdrywe wat hy gepleeg het,” het sy getuig.
DAGGA
Die verdediging het vir die eerste keer bekend gemaak dat Hausiku onder die invloed van dwelms was toe hy die moord gepleeg het en beweer hy was nie homself nie.
Hausiku is reeds vier jaar in aanhouding en sal by die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou word tot sy volgende verskyning.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie