Vrou met panga doodgekap
Nog ’n tragiese voorval van huishoudelike geweld het die Hochfeld-omgewing in die Okahandja-distrik geruk ná die wrede moord op ’n 31-jarige vrou op Olundago Plaas No. 2028 oor die naweek.
Volgens die Namibiese polisie het die verdagte, ’n 24-jarige Angolese burger wat op die plaas gewerk het, na bewering Laina Iiyambo, ’n Namibiese vrou wat op dieselfde plaas gewerk het en glo in ’n verhouding met hom was, vermoor.
Iiyambo is na bewering herhaaldelik met ’n panga op haar arms, nek en kop gekap, wat tot noodlottige beserings gelei het. Owerhede het bevestig sy het op die toneel gesterf weens die aard van haar beserings.
Die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, inspekteur Maureen Mbeha, het die grumoord bevestig en dit as ’n “uiters ontstellende” voorval beskryf, wat die voortgesette bedreiging van huishoudelike geweld in die Namibiese gemeenskap bevestig.
“Die ondersoek om die omstandighede te bepaal wat tot hierdie tragiese lewensverlies gelei het, duur voort,” het Mbeba gesê.
Iiyambo se liggaam is na die staatslykshuis op Okahandja geneem, terwyl die verdagte vandeesweek sy eerste verskyning in die landdroshof sal maak. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie