Vroue stamp kop oor grondregte
Bejaarde in hofstryd oor woonplek
Die hoërhof in Windhoek het verlede week 'n dringende aansoek aangehoor in verband met gemeenskaplike grond by die Ozongue-nedersetting naby Grootfontein.
’n Agt-en-tagtigjarige gestremde vrou van die Ozongue-nedersetting in die Grootfontein-omgewing het verlede week die hoërhof in Windhoek op ’n dringende basis genader uit vrees dat sy haar woonplek – waarin sy reeds 40 jaar woon – gaan verloor.
Andeline Maurihungirire het die hof versoek om ’n bevel ter syde te stel hangend die uitkoms van ’n saak tussen haar en haar oorlede man se vrou.
Die bevel verhoed Maurihungirire en haar kinders om die nedersetting waar hulle woon, binne te gaan. Die hangende saak, wat vir 11 Augustus geskeduleer is, sal vasstel wie op die grondregte van die afgestorwe man geregtig is.
Die hoërhof het Vrydag ’n voorlopige bevel uitgereik wat verhoed dat Maurihungirire nie uit die huis geskop word nie.
Die bevel is tot 8 Augustus geldig wanneer die aansoek weer aangehoor word.
AGTERGROND
Maurihungirire beweer sy en haar oorlede man was binne gemeenskap van goedere getroud en dat sy, ná sy afsterwe, die grondregte kan oorneem wat die gemeenskaplike grondraad aan hom toegeken het.
In haar verklaring sê sy haar man het in 1998 met ’n ander vrou, Etla Uazengisa, ingevolge die gewoontereg getrou.
“Die derde respondent [Uazengisa] se beweerde gewoontereg-huwelik met my oorlede man kan nie regsgevolge inhou nie,” sê Maurihungirire in haar verklaring.
Uazengisa het na bewering ná die afsterwe van die man in 2019, na die huis gekom waar Maurihungirire en haar gesin die afgelope 40 jaar saam met haar man gewoon het.
Sy beweer Uazengisa het ’n groep mense genooi om daar te bly sonder haar toestemming en dat hulle haar later gedreig het om die huis te verlaat.
“Sy [Uazengisa] het geen rede om in die hoofhuis in te trek nie, want dis net vir die eerste vrou [myself] bedoel,” sê sy in haar verklaring.
Maurihungirire voer aan dat Uazengisa en haar groep gedreig het om haar fisieke leed aan te doen indien sy sou weier om die huis te verlaat.
“Uit vrees vir my lewe – as ’n redelike persoon met ’n gestremdheid – het ek die Grootfontein-landdroshof genader om ’n beskermingsbevel aan te vra.”
In Maart vanjaar het Maurihungirire ’n beskermingsbevel teen Uazengisa en haar groep gekry, hoewel sy glo eers op 11 April daarvan in kennis gestel is.
Die respondente het op 16 April die nedersetting verlaat, maar het op 21 April teruggekeer ingevolge ’n hofbevel wat deur die Grootfonteinse landdroshof uitgereik is. Maurihungirire beweer dié bevel is ongeldig aangesien dit in haar afwesigheid uitgereik is.
“Ek het geen keuse gehad as om die hof te nader om tussentydse regshulp te soek nie. As ek dit nie doen nie, loop ek die risiko om deur die polisie gearresteer en uit my eie woning geskop te word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie