Vyfjarge wen toutrekkery oor mediese tender
Aanvanklike tendertoekenning bly staan
'n Hoërhofbevel wat verlede week uitgereik is, is moontlik nietig ná 'n besluit deur die CPBN-hersieningspaneel.
Jemima Beukes - Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se hersieningspaneel hou by sy besluit om ’n miljarddollar-tender vir die verskaffing van mediese produkte aan Cospharm Investments (Edms) Bpk toe te ken, wie se meerderheidseienaar ’n vyfjarige kind is.
Soos sake nou staan, maak die toekenning ’n hoërhofuitspraak wat Dinsdag uitgereik is – en waarin die CPBN beveel is om die toekenningsproses te staak hangende ’n hersieningsproses – ongeldig.
’n Dringende aansoek om die toekenningsproses te stop is deur die sakeman Shapwa Kanyama, deur sy maatskappy Africure Pharmaceuticals Namibia (Pty) Ltd, gebring.
Africure het in Augustus ’n aansoek by die hersieningspaneel ingedien waarin die besluit om die tender van N$1,3 miljard aan Cospharm toe te ken – wat op sy beurt voortgespruit het uit ’n Cospharm-aansoek om heroorweging – betwis word.
Dit omdat Cospharm aanvanklik van die proses gediskwalifiseer is omdat hy blykbaar die tenderprys op sy dokumentasie verander het sonder om langs die verandering te parafeer. Die maatskappy was egter suksesvol in sy appèlaansoek om weer vir die tender oorweeg te word.
Africure en en Erongomed Health Distributors het die CPBN na die hersieningspaneel gesleep en beweer daar was onreëlmatighede in die wyse waarop die tender aan Cospharm toegeken is.
Hulle het geëis dat die CPBN moet volstaan by die aanvanklike diskwalifikasie van Cospharm.
Cospharm word besit deur die Zimbabwiese sakeman Cosmas Mukaratirwa (49%) en sy vyfjarige kind, ’n Namibiese burger, wat volgens maatskappyrekords 51% besit.
TYDSBEREKENING
Amon Ngavetene, die CPBN se waarnemende voorsitter, het Donderdag gesê die hersieningspaneel se besluit om Cospharm as die suksesvolle tenderaar te bevestig, is voor verlede week se hofuitspraak geneem.
“Toe die hof hierdie saak aangehoor het, het die hersieningspaneel reeds sy vergadering op 4 September gehou en dit het op daardie dag plaasgevind. Toe, verlede week Vrydag (15 September), het hulle [hersieningspaneel] hul besluit aangekondig. Dus, teen die tyd dat die hofbevel gegee is, het die hersieningspaneel reeds sy eie uitspraak in die saak gehad – wat die oorspronklike toekenning bevestig,” het hy gesê.
Die hersieningspaneel bestaan uit Tulimeyo Kaapanda (voorsitter), Browny Mutrifa, Hellen Amupolo en Gilbert Habimana.
Sowat twee weke gelede het die ministerie van finansies die prokureur-generaal gevra of dit wettig is vir die CPBN om die tender aan ’n maatskappy toe te ken wat deur ’n minderjarige besit word.
Dit is bevestig deur die adjunkminister van finansies, Maureen Hinda-Mbuende, wat destyds gesê het: “Ons het deur die media van die kwessie bewus geword, want as gevolg van die interne prosesse was ons nie ingelig oor die saak nie. Maar ek kan bevestig dat ons ministerie die prokureur-generaal betrek het oor die legitimiteit van die minderjarige se eienaarskap.”
“Hierdie reëling laat morele en etiese vrae ontstaan,” het sy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie