Wanderers, CoW skik in saak oor waardasie
Aansoek reeds in 2020 gebring
'n Sportklub in Windhoek en munisipaliteit het vandeesweek 'n skikkingsooreenkoms onderteken nadat die waardasiehof in Junie die erf op N$1,49 miljoen gewaardeer het.
Die uitgerekte hofgeskil tussen die Wanderers-sportklub en Stad Windhoek (CoW) het vandeesweek uiteindelik tot ’n einde gekom met die ondertekening van ’n skikkingsooreenkoms.
Wanderers het die munisipaliteit in 2020 hof toe gesleep nadat hul erf in Pionierspark in 2017 vir N$8,1 miljoen gewaardeer is en dit later – ten spyte van ’n aansoek by die waardasiehof deur Wanderers wat dié bedrag uitgedaag het – so op die erf se munisipale rekening weerspieël het. Wanderers is gevolglik maandeliks volgens dié bedrag aangeslaan.
Wanderers het aangevoer dat die waardasiebedrag verkeerd was aangesien die sonering klaarblyklik verkeerd was en daar glo nie in ag geneem is dat slegs 40% van die erf gebruik kan word weens stormwaterinfrastuktuur op die perseel nie.
“Wanderers is benadeel deur die optrede van die waardasiehowe en ander respondente wat gelei het tot ’n verkeerde waardasie op Erf 1240 en tariewe word in ooreenstemming met en gebaseer op die verkeerde waardasiebedrag bereken en gehef,” het Danie van der Merwe, die president van die klub, in sy verklaring gesê wat in Augustus 2020 by die hoërhof in Windhoek ingedien is.
NUWE WAARDASIE
Luidens hofstukke het ’n tussentydse verhoor in die waardasiehof plaasgevind.
Dié hof het op 24 Junie vanjaar Wanderers se beswaar aangehoor en bevind dat dit moet slaag.
Hulle het beslis dat die erf 29 012 vierkante meter is, maar slegs 7 840 vierkante meter is bruikbaar. Die bruikbare gedeelte is gewaardeer op N$190 per vierkante meter, wat neerkom op ’n totaal van N$1,49 miljoen.
Die waarde van die gedeelte wat nie gebruik kan word nie – en sowat 21 172 vierkante meter beslaan – is nul aangesien dit deur stormwater beïnvloed en vir munisipale dienste gebruik word.
SKIKKING
Ingevolge die skikkingsooreenkoms wat Woensdag onderteken is, het al twee partye ingestem om volgens die waardasiebedrag van die waardasiehof te werk en die munisipaliteit sal Wanderers se rekening en heffings daarvolgens wysig.
“Die eerste respondent [Stad Windhoek] sal die nuwe waardasie op die waardasielys toepas in die heffing van munisipale tariewe teen Erf 1240 vanaf 1 September 2018 binne 30 dae vanaf die datum waarop die skikkingsooreenkoms ’n bevel van die hof gemaak is,” lui die ooreenkoms.
Daar is ook ooreengekom dat CoW sowat N$85 000 van Wanderers se regskostes sal betaal.
GEEN KOMMENTAAR
Die voorsitter van Wanderers, Henrico du Plessis, wou nie gister kommentaar lewer op navrae oor die finansiële stand van die klub se munisipale rekeninge en of dit op datum is of nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie