Die beskuldigdes in die Shannon Wasserfall-moord. Foto argief
Die beskuldigdes in die Shannon Wasserfall-moord. Foto argief

Wasserfall-moordsaak gereed vir verhoor

Verhoor hervat Woensdag
Die broer en suster wat van die moord op me. Sharon Wasserfall verdink word, het Donderdag in die hof verskyn.
Kristien Kruger
Die broer en suster wat van die moord op me. Sharon Wasserfall beskuldig word, se regsverteenwoordiger het aangedui dat hulle gereed is om met die verhoor te begin.

Die beskuldigdes, me. Azaan Madisia en mnr. Steven Mulundu, het Donderdag voor regter Christie Liebenberg in die hoërhof in Windhoek verskyn en die saak is tot 24 Augustus uitgestel vir die skedulering van verhoordatums.

Die moordsaak is vroeër vanjaar vanaf die Walvisbaai-landdroshof na die hoërhof oorgeplaas.

Volgens die staat het die twee beskuldigdes die 22-jarige Wasserfall op 10 of 11 April 2020 in Kuisebmond vermoor.

Tussen hierdie datum en 6 Oktober het hulle volgens die staat die oorskot in die duine begrawe.

Na bewering het hulle Wasserfall se selfoon en die SIM-kaart daarin weggegooi of vernietig saam met 'n blou baadjie en 'n serp. Hulle het haar hierna as vermis aangemeld.

Madisia is in November 2020 in hegtenis geneem en Malundu, wat glo sy suster gehelp het om van die lyk ontslae te raak, is ’n paar maande daarna in hegtenis geneem.

Die duo staan tereg op klagte van moord en regsverydeling. Madisia staan ook tereg op twee nieverwante klagte van bedrog, alternatiewelik diefstal.

Hulle is tans in Windhoek in aanhouding.

̶ [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!