Wasserfall-saak: Sibbe hoor vonnis
Mulundu in ’n mindere mate aanspreeklik
Azaan Madisia en haar broer, Steven Mulundu, is gister onderskeidelik effektief tot ses en vier jaar tronkstraf gevonnis.
“Die hof moet die beskuldigdes vonnis vir misdade waaraan hulle skuldig bevind is, nie misdade wat die publiek dink hulle moet aan skuldig bevind word nie. Publieke verwagting en publieke belang is nie dieselfde nie.
“Die hof het ’n verantwoordelikheid om publieke belang te oorweeg, maar kan nie blindelings publieke verwagtinge volg nie. Verskeie emosionele berigte het ná die uitspraak in hierdie saak aan die lig gekom, ongetwyfeld in ’n poging om die hof se vonnisoplegging te draai.”
Só het regter Christie Liebenberg gister tydens Azaan Madisia en Steven Mulundu se vonnisoplegging gesê.
Die sibbe is gister in die hoërhof in Windhoek tot onderskeidelik agt en ses jaar tronkstraf gevonnis op ’n klag van dwarsboming van die gereg waaraan hulle verlede maand skuldig bevind is.
Dié klag hou verband met Shanon Wasserfall se dood in 2020 waaraan Madisia en Mulundu onskuldig bevind is.
“Dit word nie betwis dat die klaer [Wasserfall] se dood ’n nagevolg was van die feit dat die eerste beskuldigde [Madisia] haar gestamp het nie. Die hof is nie oortuig dat sy onwettig en doelbewus die klaer doodgemaak het nie. Daar is geen bewyse dat die eerste beskuldigde redelik kon voorsien dat haar optrede tot die klaer se dood sou lei nie,” het Liebenberg verlede maand in sy uitspraak gesê.
Liebenberg het verduidelik Mulundu moet ’n ligter vonnis opgelê word aangesien hy tot ’n mindere mate aanspreeklik gehou kan word vir die misdaad.
“Die tweede beskuldigde [Mulundu] is die een wat verantwoordelikheid getoon het. Hy het voorgestel dat die polisie gebel word en hy is die pa van ’n vierjarige seun wat met ’n sekere vlak van verantwoordelikheid gepaard gaan,” het Liebenberg gister gesê.
“Die tweede beskuldigde is onverwags in ’n onbenydenswaardige situasie betrek.”
“Die hof moet besluit hoeveel gewig ’n skulderkenning dra. Onder die omstandighede blyk die opregtheid daarvan twyfelagtig. Ek twyfel nie dat die beskuldigdes gevoelens van berou het nie, maar die uitdrukking van berou dra min gewig,” het hy gesê.
Madisia het ’n jaar gekry vir elk van die twee klagte van bedrog waarop sy met die aanvang van haar verhoor in die hoërhof skuldig gepleit het.
Dié vonnis vir bedrog sal samelopend met haar vonnis op dwarsboming van die gereg uitgedien word.
Twee jaar van beide Madisia en Mulundu se vonnisse is opgeskort aangesien hulle reeds langer as twee jaar in aanhouding is.
Madisia is effektief tot ses jaar tronkstraf gevonnis en Mulundu tot vier jaar. Beide sal die opgeskorte vonnisse moet uitdien indien hulle binne vyf jaar van hul vrylating weer skuldig bevind word aan regsverydeling.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie