Wasserfall-saak: Twee beken skuld op regsverydeling
Azaan Madisia en Steven Mulundu het gister in die hoërhof in Windhoek skuld beken op ’n klag van regsverydeling.
Dit nadat die staat beweer het dat hulle Shannon Wasserfall se liggaam in 2020 begrawe het.
Madisia het in haar skulderkenning gesê sy en Wasserfall het op die noodlottige aand by haar (Madisia se) huis kosgemaak en wyn gedrink.
Wasserfall het haar glo later oor haar verhouding met Petrus Shoopala uitgevra. Hy was Wasserfall se kêrel ten tyde van die moord en was voorheen romanties by Madisia betrokke.
“Ek het gedink sy het dalk ’n bietjie te veel gedrink en ek het aangebied om haar huis toe te neem, maar sy het geweier,” het Madisia in haar skulderkenning gesê.
Sy het gesê dat Wasserfall haar glo gestamp en haar vinger gebyt het. Madisia het glo daarna ook vir Wasserfall gestamp.
“Sy het oor die bed geval en ek het gedink sy sou opstaan, maar ná 'n rukkie het ek besef sy reageer nie. Ek het probeer kyk of sy asemhaal en vir haar polsslag gevoel, maar ek kon dit nie voel nie,” het sy gesê.
Madisia het ontken dat sy enige voorbedagte rade gehad het om Wasserfall te vermoor of dat sy hierdie algemene doel met Mulundu gedeel het.
Sy het ook ontken dat sy enige bloed afgevee het nadat sy en Mulundu Wasserfall se liggaam verwyder het.
“Die oorledene het glad nie gebloei nie en daar was geen bloed teen my mure nie,” het sy gesê.
Mulundu sê egter in sy verklaring dat hy wel bloed teen die muur gesien het toe hy die kamer – waar Wasserfall glo dood is – binnegegaan het.
Madisia het aan die hof gesê sy het “paniekbevange haar broer gebel” nadat sy besef het Wasserfall het nie ’n polsslag nie.
“Ek was nie seker wat om te doen nie, maar ek het besef ek sou vir haar dood die skuld kry. Ek was bekommerd oor wat met my sou gebeur en ek was nie seker of mense my sou glo as ek die voorval aan hulle sou verduidelik nie,” het Madisia gesê.
Madisia en Mulundu se verklarings sê albei dat hulle Wasserfall se liggaam in ’n vlak graf begrawe het.
In Madisia se verklaring sê sy dat sy in Oktober 2020, as gevolg van haar skuldgevoelens, ’n anonieme teksboodskap aan Wasserfall se pa gestuur het waarin sy verduidelik het waar die liggaam begrawe was.
“Ek het geworstel met dit wat ek gedoen het. Ek het veral Shannon se ouers jammer gekry, omdat hulle nie geweet het wat met hul dogter gebeur het nie. Ek het nie die moed gehad om my identiteit bekend te maak nie en dit is hoekom ek nie my eie nommer gebruik het om die boodskappe te stuur nie.
“Ek wou nie gehad het dat die boodskappe na my toe moes lei nie en daarom het ek in ’n styl geskryf wat anders as my eie was,” het Madisia gesê.
Madisia het ook skuld erken op twee klagte van bedrog en gesê sy het onwettiglik geld van haar versekeraar geëis toe sy valslik beweer het dat haar skootrekenaar gesteel is en dat sy haar selfoon verloor het.
Madisia en Mulundu het albei onskuldig gepleit op ’n klag van moord en roof.
Die staat het Madisia en Mulungu se skulderkenning verwerp. Die verhoor hervat vandag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie