'Wat as hy die kinders doodmaak?'
Familie appelleer teen borgtog vir 'bylmoordenaar'
Die saak is tot 5 April uitgestel hangende 'n beslissing deur die aanklaer-generaal.
Kenya Kambowe op Rundu – Die familie van wyle Andeline Augustinus Chicalu appelleer teen die Rundu-landdroshof se beslissing om borgtog aan haar vermeende moordenaar toe te staan. Hulle vrees as hy op vrye voet is, kan hy die oorledene se kinders teiken soos hy voorheen gedreig het om te doen.
Christian Kudumo (34) is verlede Augustus in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy tradisionele vrou met 'n byl by Rundu se informele nedersetting Sun City vermoor het.
Chicalu (31) se lewelose liggaam is in die vroeë oggendure van 2 Augustus 2022 ontdek.
Landdros Sonia Sampofu het verlede Dinsdag borgtog van N$5 000 aan Kudumo toegestaan en die saak tot 5 April uitgestel hangende 'n beslissing deur die aanklaer-generaal.
Die oorledene se neef, Lucas Chicalu, het Maandag aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die familie is verras deur die hof se beslissing en het die hof daarvan beskuldig dat hulle nie die erns van die saak besef nie.
Hy het gesê voor die moord het die verdagte elke keer as hy en sy vrou 'n argument gehad het, gedreig om sy hele gesin te vermoor.
Die egpaar het drie minderjarige kinders saam gehad.
Verlede Vrydag het die gesin ’n dringend appèl teen Kudumo se borgtog aangeteken. Die hof sal op 27 Februarie bekend maak of sy beslissing omgekeer of gehandhaaf sal word.
‘KON MY Oë NIE GLO NIE’
Lucas sê hy het verlede Donderdag op die voorblad van die Namibian Sun gesien die verdagte het borgtog gekry.
“Ek het kwaad geword en ek het nie geweet wat om te doen of te sê nie,” het hy gesê.
“Ek kon my oë nie glo nie, want ek het gedink dit is 'n grap.
“Ek het dadelik aan my oorlede niggie se kinders gedink omdat die verdagte altyd gedreig het om sy hele gesin dood te maak en ons weet nie in watter gemoedstoestand hy nou is nie.
“Wat as hy besluit om sy missie te voltooi om sy kinders dood te maak en dan sy eie lewe te neem? Om eerlik te wees, as familie is ons kwaad en ek glo vir die kinders se veiligheid sal dit beter wees as hy borgtog geweier word,” het hy gesê.
“Daar is ook woedende familielede en om te sien hoe hy vry loop, kan daartoe lei dat iemand die reg in eie hande neem, want dit is duidelik dat ons regstelsel nie hierdie saak ernstig opneem nie.”
Volgens Lucas het die hof die verdage se gehoorgestremdheid as rede aangevoer waarom borgtog aan hom toegestaan is. Hy sê dié rede is onvoldoende omdat dit 'n slegte presedent in die land sal skep.
‘SY WOU HOM VERLAAT’
'n Ondersoek na wat tot die beweerde moord gelei het, het bevind dat die egpaar se verhouding op die punt was om op die rotse te beland, met die slagoffer wat die huwelik wou beëindig.
Die egpaar het glo gereeld baklei oor die verdagte se versuim om vir sy gesin te sorg, ten spyte daarvan dat hulle beide 'n salaris en 'n ongeskiktheidstoelaag van die staat ontvang het.
“Hy is ’n baie jaloerse mens. Hy het my niggie vermoor omdat hy nie kon aanvaar het dat sy hom wou los nie. Wat sal hom keer om die kinders te gaan soek en hulle dood te maak?
“Ons praat oor vroue- en kindermishandeling in hierdie land, tog sien ons sulke nonsens wat uit ons hof kom. Waar is die organisasies wat namens vroue en kinders praat?” het hy woedend gevra.
Lucas het Vrydag gesê die verdagte het “die vermetelheid gehad” om te vra dat sy borgtog tot N$2 000 verminder word, aangesien hy nie kan bekostig om die N$5 000 te betaal nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie