Wat sê die wet. LED Ligte in Namibië
FANIE KRUGER VAN SWAKOPMUND SKRYF.
Ek verwys na die gemeenskap Polisiëringbeamptes se brief soos gedeel op Sosiale Media.
Ek haal aan:
Geen lampe behalwe die wat ingevolge die padvervoer – en verkeersregulasies voor geskryf of gemagtig word nie, mag aan voertuie aangebring word, tensy dit voldoen aan die voorwaardes soos uit een gesit is in Regulasie 178 van die Vervoer en Verkeerswet nie.
Regulasie 178, is die mates soos hoe ’n rylig (main-beam) aan ’n voertuig aangebring moet word.
Regulasie 195, is die voorskrifte vir kopligte (Spotlights) wat slegs aan amptelike en nood voertuie aan gebring mag word, bv. ambulans, polisie voertuie ens.
My kommentaar en vrae oor die gemeenskap polisiëring op sosiale media is:
In terme die RTTA 22/1999 en Regulasies G/N No53 in G/G no. 2503 van 30/03/2001, maak Regulasie 175 (1)(iii) Headlamps, voorsiening dat die eienaar van ’n voertuig twee addisionele ligte op sy voertuig mag aanbring, soos omskryf in die artikel, twee weerskante van die langs haarlyn. Die regulasie sê slegs twee ligte, en geen beskrywing, omskrywing van wat se lig dit moet of mag wees nie, met ander woorde soos LED, Halogen, Phillips, Os-ram ens. nie.
My vraag om iemand aan te kla vir onwettige LED ligte onder die Regulasie 203 van die RTTAct en regulasies is verkeerd en teenstrydig met Padvervoer Wetgewing, omdat Regulasie 175 gee die lid van die publiek toestemming om twee addisionele ligte aan te bring.
My rede hoekom ek die stellig maak is; indien daar enige ander wetgewing / SANS / SABS / NAMS kodes is wat sê dat LED ligte, nie voorgeskryf, of nie op voertuie as addisionele ligte aan gebring mag word nie, moet die persoon dan nie aangekla word onder daardie wet of regulasie nie.
(Vir my is die som maklik, jy kan tog nie ’n persoon vir dronk op straat aankla onder byvoorbeeld die klagte vir verkragting nie.)
Miskien kan ek ’n belangrike punt uitlig aan die Gemagtigde Wetstoepassingbeamptes, wat kan help en die probleem rondom LED ligte op te los. Soos reeds gesê, word geen ligte in die padverkeerswet omskryf by naam of maak nie, maar as ons gaan kyk na Regulasie 176 van die RTTAct en regulasies, lees dit: every headlamp emitting a main-beam or light must be so adjusted and maintained that – it must be capable to see any person, vehicle or substantial object at a distance of at least 100 meters ahead. Dit beteken dat as die wet reg toegepas word, die publiek opgevoed word van hoe die ligte in terme Regulasie 176 aan gebring moet word is die probleem van gevaarlike ligte op gelos. Waar wil jy werklik 1000 meter voor jou sien, of die gevaar zone van die 100 meter voor jou.
Verder my vraag, op sosiale media word bekend gemaak dat geen voertuig vervaardig voor die jaar 2002 enige addisionele ligte op sy voertuig mag aan bring nie. Is dit so geskrywe in die Padvervoerwet en Regulasies, sal dit graag wil sien en lees.
Dan sal ek ook graag wil weet, dit word aan die publiek gesê, dat as hulle addisionele ligte aankoop, veral LED ligte moet hulle kyk of die ligte goedgekeur is vir ry-ligte, en of nie net vir off road doeleindes nie. Ek het hierop gaan huiswerk doen en die volgende gevind. Ja daar is LED houer waarop dit staan, for off road only, maar dan is daar waar dit op die houer staan: Supernova 6” LED lights, ECE approved, op die pamflet in die houer E1 / E16 wat dus dan Suid Afrika standaarde goed gekeur is. Dit beteken dat hierdie set ligte Europees sowel as S A standaarde goed gekeur is. Verder het ek gekyk na die ligte van die voertuie wat met LED ligte uitkom, en soos dit gestel word deur die wetstoepassing beamptes dis wettig, want hy kom so van sy Ma af. Op die nuutste Scania vragmotors staan op die ligte E1 en E16. Nou vra ek wat is die verskil tussen die E1 / E16 goedgekeurde LED ligte op die Scania vragmotor, en my 2002 Ford bakkie. Weereens dit is verseker dubbele standaarde.
Die vraag aan die Wetstoepassingbeampte langs die pad, of die toets beampte by NaTis, wat is die verkil, of rede hiertoe, is die antwoord, as jy dit addisioneel aanbring is dit “after market”, maar as ons terug gaan na Regulasie 175 van die Padvervoer wet, is dit in toe-taal, dubbele standaarde by die toepassing van die wet nie.
My laaste vraag aan Namibia se “Authorized Officials”, Hoekom mag die LED ligte, en voertuie wat NARCS, Suid Afrika, goedgekeur is, net in Suid Afrika, Botswana, Kenia ens op hulle openbare ry, maar dit mag nie in Namibia op ons paaie gebruik word nie. Toelaatbaar slegs die Voertuie met LED ligte na die jaar 2002, maar 80% plus van die voertuie wat met LED ligte uitkom is die lig baie sterker/skerper as die meeste van die sogenaamde “After market” LED ligte. Daar is al by verskeie Laer-howe in Namibië mense onskuldig bevind, en verskeie sake deur Landdroste van die rol geskraap, maar steeds gaan die heksejag aan op die LED Ligte “after market” aan gebring voort, terwyl soos reeds gesê, die wet voorsiening maak vir die addisionele ligte. Is hierdie dalk ’n geval dat die Verkeersbeamptes ook nie meer respek het vir die howe nie. Weereens dubbele standaarde.
Ek sluit my brief af, met verwysing na Regulasie 235 van die Padvervoer wet en Regulasies.
Regulasie 235. Motor vehicles on public road to comply with compulsory vehicle specifications.
Die regulasie verwys na G/notices issued in terms of Section 22 of the Standards Act 29/1993 and listed the code of practice SABS047: 1995, the testing of motor vehicles for road worthiness as per SA Government Notice R298 : 22 Feb. 1991.
Help my reg asseblief, is bo genoemde goedgekeur, en wet afgekondig in Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie