Wentzel bly in aanhouding

Mariud Ngula
Die moordbeskuldigde Wentzel Maasdorp het gister sy eerste verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak.

Die beskuldigde word aangekla van die moord op Delia Weimers-Maasdorp, met wie hy glo in ’n verhouding was, saamgelees met die bepalings van die wet op gesinsgeweld, tesame met twee aanklagte van diefstal van 'n motorvoertuig, 'n selfoon en ’n televisie.

Maasdorp het voor landdros Mutafela Olga Likando verskyn, met senior staatsaanklaer Bernadine Bertolini wat die staat en Milton Engelbrecht wat vir Maasdorp verteenwoordig het.

Hy bly in aanhouding en die saak is tot 21 Augustus uitgestel vir hom om ’n regshulpverteenwoordiger te bekom.

Die staat het borgtog teengestaan weens die erns van die aanklagte, die vrees dat die beskuldigde op die vlug sal slaan en nie verhoor sal word nie en die feit dat die polisie se ondersoek nog in sy kinderskoene staan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 20° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 22° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 19° | 34° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 21° | 37° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 14° | 23° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 30° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 15° | 21° Maseru: 15° | 27° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 19° | 27° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 17° | 27° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 18° | 21° #REF! #REF!