Werknemer wen saak teen Napwu
Skuldig aan nalatigheid
Die hoërhof in Windhoek het gister uitspraak gelewer en beveel dat Napwu die eiser sowat N$450 000, met rente, asook sy regskostes moet betaal.
In die saak waarin ’n voormalige werknemer van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) hof toe gesleep het, het die hoërhof in Windhoek gister in die guns van die werknemer beslis en bevind Napwu het hom aan nalatigheid skuldig gemaak.
Mnr. Bernardus Araeb het die saak in Desember 2019 aanhangig gemaak nadat Napwu versuim het om sy saak van beweerde onwettige ontslag van sy werk betyds by die kantoor van die arbeidskommissaris aan te meld. Die saak het volgens hom eers ’n jaar ná sy afdanking voorgekom, en die saak is op grond van verjaring uitgegooi.
Hoewel Araeb sowat N$1 miljoen geëis het, het regter Marlene Tommasi beslis dat Napwu sowat N$450 000 aan Araeb moet betaal, insluitend rente op dié bedrag teen 20% per jaar vanaf die datum van vonnis tot die datum van betaling.
Napwu moet ook volgens die hofbevel Araeb se regskostes betaal.
Die saak is gister afgehandel en van die rol geskrap.
Die redes vir die uitspraak is nog bekend nie.
AGTERGROND
Die uitspraak sou aanvanklik op 25 Oktober 2021 gelewer word, maar is agt keer uitgestel aangesien die uitspraak nog nie gereed was nie of die regter was nie beskikbaar om die uitspraak te lewer nie.
Araeb het beweer hy is op 24 Oktober 2016 afgedank en het dieselfde dag met Napwu gekonsulteer sodat hulle die saak na die kantoor van die arbeidskommissaris kan verwys.
“Die verweerder het nagelaat om die saak binne ses maande na die kantoor van die arbeidskommissaris te verwys.”
Hy is glo ook ontneem van ’n geleentheid om aangehoor en moontlik heraangestel te word.
Araeb het sowat N$1 miljoen in skadevergoeding van Napwu geëis vir onder meer die verlies aan inkomste, asook vergoeding vir die skuld en boetes wat hy as gevolg hiervan op die lyf geloop het.
Araeb het aangevoer Napwu se nalatigheid het veroorsaak dat hy werkloos en sonder inkomste gelaat is. Hy het ook beweer dit is ’n hoofoorsaak dat hy nie intussen ’n nuwe werk kon kry nie, weens die swak verwysing op sy naam weens sy afdanking.
Napwu het beweer die arbeidshof moes die saak behartig het, nie die hoërhof nie en het aangevoer dat Araeb se eis op grond daarvan van die hand gewys moes word.
Napwu het verder ook ontken dat hulle nalatig was.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie