Wildstroper se makker pleit skuldig
Markus Rooinasie (27), die medebeskuldigde van die reekswildstroper Derick Brockerhoff, het skuldig gepleit op ’n aanklag van die onwettige jag van jagbare wild.
Beide verskyn op dié aanklag nadat ’n bekende buurtwaglid en sekuriteitsbeampte hulle op 11 April vanjaar met ’n gemsbok- en koedoekarkas en ’n Remington-jaggeweer in die berge agter Windhoek se Eros-woonbuurt betrap het.
Hulle het Dinsdag voor landdros Monica Andjaba in die Windhoek-landdroshof verskyn. Sy het die saak tot 23 Oktober uitgestel.
Die 47-jarige Brockerhoff is ’n gewoontemisdadiger wat in onderskeidelik 2016 en 2023 reeds skuldig bevind is aan oortredings van onwettige jag, die onwettige besit van vuurwapens en die inbraak in ’n plaashuis by Karibib.
Tydens hul eerste verskyning het die staatsaanklaer daarop gewys dat Brockerhoff talle hangende sake – wat wissel van veediefstal tot wildstropery – teen hom aanhangig het.
Die vermeende oortredings strek glo vanaf Swakopmund, Walvisbaai, Sossusvlei en Sesriem in die Namib-Naukluftpark, Mariental, Groot Aub, Seeis tot Windhoek.
Brockerhoff is ook in 2017 by Arandis in die Erongostreek in verband met kokaïensmokkelary in hegtenis geneem.
Boonop is daar nog lasbriewe vir sy inhegtenisname uitstaande.
Hy en Rooinasie is sedert hul arrestasie in aanhouding nadat boere opgeruk het om tydens hul eerste verskyning borgtog teen te staan. Brockerhoff het toe aangedui hy sou ’n private prokureur kry en Rooinasie regshulp, maar intussen was albei beskuldigdes sonder regsverteenwoordiging.
Brockerhoff het intussen aangedui hy sal homself verdedig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie