Die hoërhof in Windhoek. Foto Argief
Die hoërhof in Windhoek. Foto Argief

Yslanders wil appelleer

AG en FNB staan aansoek teen
In die Fishrot-sage se Poca-saak het die Yslandse maatskappye aansoek gedoen om teen die hof se besluit om te weier dat hulle die AG en die staat se hokaairoeper kruisondervra, te appelleer.
Kristien Kruger
Die maatskappye wat deur Yslanders besit word en na bewering by die Fishrot-korrupsiesaak betrokke was, het ’n aansoek by die hoërhof in Windhoek ingedien om teen ’n uitspraak wat hul verhoed om die aanklaer-generaal (AG), me. Martha Imalwa, en die staat se hokaairoeper, Yslander Johannes Stefánsson, onder kruisondervraging te plaas, te appelleer.

Imalwa het reeds kennisgewing gegee dat sy die aansoek vir appèl sal teenstaan en First National Bank (FNB), wat vyf maande gelede by die saak bygevoeg is op grond van die belang wat dit in sommige van die beskuldigdes se fondse het, het ook aangedui dat hul die aansoek sal teenstaan.

Die ses maatskappye – die Yslandse Samherji-groep en hul Namibiese maatskappye; Mermaria Seafood Namibia, Heinaste Investments, Saga Seafood, Esja Holdings en Esja Investments – het tydens die saak ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca), waar Imalwa aansoek doen vir 'n eiendomsbeperkingsbevel om beslag te lê op bates wat verband hou met die Fishrot-saak, die hof versoek om mondelingse getuienis aan te hoor en hulle toe te laat om Imalwa en Stefánsson te kruisondervra.

Regter Orben Sibeya het die aansoek op 30 Maart van die hand gewys en die maatskappye het besluit om teen Sibeya se uitspraak te appelleer.

Die maatskappye se regsverteenwoordigers wou glo tydens kruisondervraging bevestig of Stefánsson in die Fishrot-saak sal getuig en ook van die geleentheid gebruik maak om hom te vra oor sy aantygings teen die maatskappye.

Vir Imalwa wou hulle vra oor haar redes om drie Yslanders in hul persoonlike kapasiteit na Namibië uitgelewer te kry en hulle te vervolg.

“Ek vind geen meriete in die buitelandse beskuldigdes se aansoek om die aanklaer-generaal en mnr. Stefánsson te kruisondervra nie,” lui Sibeya se redes vir sy uitspraak wat op 4 April bekend gemaak is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!