Yslandse maatskappy hof toe gesleep
Reusebedrae uit Namibië oorgedra
Dit het ArcticNam Fishing sonder die nodige hulpbronne gelaat om sy finansiële verpligtinge na te kom.
Jemima Beukes - ’n Groep vissermanne het die Yslandse vismaatskappy Esja Investment, wat aan nog ’n Yslandse maatskappy Samherji behoort, sy direkteur Egill Helgi Árnason, asook ArcticNam Fishing (Pty) Ltd. hof toe gesleep nadat hul arbitrasietoekenning van N$1,8 miljoen nie aan die vissers uitbetaal is nie.
Árnason en drie ander staar uitlewering aan Namibië in die gesig om hier tereg te staan in die Fishrot-verhoor. Árnason is aangekla vir sy werk vir Esja Holdings, met die klagtes wat georganiseerde misdaad, geldwassery en belastingontduiking insluit.
Volgens hofdokumente was die 15 vissermanne in verskeie poste by ArcticNam in diens tot Desember 2018. Hulle is onregmatig afgedank en het gevolglik ’n arbeidsdispuut in 2021 gewen. ’n Bedrag van N$1,8 miljoen is aan hulle toegeken, tesame met rente van 20% per jaar vanaf die datum van die arbitrasietoekenning tot die volle bedrag betaal is.
In ’n nuwe hofaansoek beskuldig hulle egter die Yslanders dat die geld nooit uitbetaal is nie, dat hulle steeds sake doen met ArcticNam en ook onwettig beduidende bedrae uit die maatskappy se fondse uit Namibië neem.
Dit het volgens die vissermanne ArcticNam sonder die nodige hulpbronne gelaat om sy finansiële verpligtinge na te kom en wat insluit die vergoeding aan hulle asook ander krediteure.
“Esja Investment en Árnason het en is bewustelik besig om die sake van ArcticNam roekeloos te bedryf en/of met die doel om krediteure van die maatskappy te bedrieg.
“Dit is ’n skema wat ten doel het om die Namibiese regering, die Namibiese Inkomsteagentskap (NamRA), die ministerie van visserye en mariene hulpbronne asook die krediteure van ArcticNam te bedrieg. Hulle het onregmatig en onwettig groot bedrae geld van ArcticNam uit Namibië oorgedra en ArcticNam sonder die nodige fondse gelaat om die eisers se vergoeding te betaal,” luidens die hofdokumente.
Esja Fishing het 49% van ArcticNam Fishing (Pty) Ltd besit, terwyl drie Namibiese maatskappye – Epango Fishing (Pty) Ltd, Sinco Fishing (Pty) Ltd en Yukor Fishing Joint Venture 51% in gelyke aandele besit het.
Hulle het saam die vaartuig Heinaste bedryf en is na bewering groot kwotas maasbanker van 2012 tot 2018 toegeken.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie