PAY UP: The High Court has ruled in NamRA’s favour following its decision to seize N$33 million from Chinese construction firm, Zhong Mei. PHOTO: FILE
PAY UP: The High Court has ruled in NamRA’s favour following its decision to seize N$33 million from Chinese construction firm, Zhong Mei. PHOTO: FILE

Zhong Mei kry nie sy miljoene terug

Ogone Tlhage
Ogone Tlhage - Die hoërhof in Windhoek het Zhong Mei Engineering Group (Edms) Bpk se aansoek van die hand gewys om die N$33 miljoen in uitstaande belasting terug te kry wat die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) van sy bankrekening afgetrek het.

Die Chinese konstruksiemaatskappy wat daarvan beskuldig word dat hy nie sy belastingverpligtinge nakom nie, het die belastingagentskap hof te gesleep met die bewering dat die hangende belasting onwettig uit sy rekening getrek is.

Zhong Mei het aansoek gedoen vir ’n bevel wat NamRA se besluit om die geld vanuit sy rekening na Standard Bank Namibia oor te plaas, onwettig verklaar.

Die maatskappy wou hê die N$33 miljoen moet aan hom terugbetaal word en het ook gevra vir ’n bevel wat regulasie 91 van die inkomstebelastingwet ongrondwetlik verklaar.

Regter Eileen Rakow het egter in NamRA se guns beslis en gesê dit is in die beste belang van die publiek dat die geld by die belastingagentskap moet bly.

“Ek vind geen rede om tot die gevolgtrekking te kom dat die ‘betaal nou, argumenteer later’-konsep nie van toepassing moet wees in hierdie geval nie. Ek vind dus dat die geld waarop NamRA beslag gelê het, vir nou by die agentskap moet bly,” het sy gesê. Die saak is tot 5 September uitgestel.

In ’n beëdigde verklaring, sê Zhong Mei se besturende direkteur, Jiang Yuan, ten spyte van die maatskappy se voorstel om reëlings met NamRA te tref om die belasting in paaiemente te betaal terwyl beswaar teen die belastingagentskap se assessering gemaak word, is die bedrag van N$33 miljoen steeds tussen 10 en 12 Julie uit sy bankrekening getrek.

“Dit het as ’n groot verrassing gekom, gegewe die feit dat Zhong Mei tydens ’n vergadering op 7 Julie versoek het dat NamRA eers oorweeg om hom toe te laat om ’n bedrag van hoogstens N$2 miljoen te betaal en reëlings te tref om die res te betaal terwyl ons beswaar teen die beweerde assessering gemaak word. Die versoek is verwerp, maar NamRA-personeel het beloof om dit intern te oorweeg en met ’n antwoord terug te keer,” lui die verklaring.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!