‘Moordkomplot’ word glo ontrafel
Tiener getuig in tradisionele hof
Toenemende kommer heers oor jongmense wat moorde pleeg en by ander ernstige misdaad betrokke raak.
In ’n dramatiese wending in die ontvouende moordsaak van die 17-jarige Paulus Kahili, het ’n derde tiener voor ’n tradisionele hof getuig oor sy betrokkenheid by die noodlottige messteekvoorval wat op 14 Maart in Rundu se nywerheidsgebied plaasgevind het.
Kahili is glo helder oordag in ’n lokval gelei en twee aanvallers het hom na bewering in die bors gesteek en van sy selfoon en skooltas beroof.
Die verdagtes, Mario John Asake (18) en ’n 17-jarige, is kort ná die voorval in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding hangende hul volgende hofverskyning op 13 Mei.
Die saak het egter ’n wending geneem toe ’n 16-jarige seun, John (*skuilnaam), wat aanvanklik vermoedelik net ’n omstander was, gedagvaar is om verlede week vir die derde keer voor die tradisionele owerheid te verskyn.
Die seun het voor die hoofvrou en ’n paneel van oudstes gestaan en sy stilte verbreek.
“My vriend het die selfoon by hom gehad toe die twee verdagtes ons genader het. Een van hulle het hom van agter gegryp, terwyl die ander hom in die bors gesteek het. Ek het weggehardloop, maar ek het gesien wat gebeur het.”
Hy het erken hy het tydens sy vorige verskynings gejok, ook vir die polisie. Hy het ook erken die blou skooltas wat op die toneel gevind is, sy tas is en dat sy naam daarop is, al het hy dit aanvanklik ontken.
“Ek was bang. Sosiale media en mense in my gemeenskap het my daarvan beskuldig dat ek my vriend vermoor het.
“Ek wou nie die begrafnis bywoon nie, want ek het skuldig gevoel. Hy was my goeie vriend en dit het my seergemaak om vir volwassenes te jok.”
Die seun het in trane oor die laaste oomblikke van Kahili se lewe getuig en beskryf hoe hy op sy knieë neergeval en “nane, nane” (ma, ma) uitgeroep het voordat hy sy laaste asem uitgeblaas het.
Die hoofvrou het hom gevra hoekom hy stilgebly het.
“Ek wou nie hê mense moet my as ’n misdadiger sien nie. Ek het nie na die eerste sessie toe gekom nie omdat daar vir my gesê is net voogde word toegelaat.”
17-JARIGE BESKULDIGDE
Die emosionele getuienis volg nadat dit op die lappe gekom het die ma van die 17-jarige beskuldigde, het gesê sy het haar seun by die polisie aangemeld nadat hy sy aandeel in die voorval aan haar beken het.
Volgens haar het Asake – wat glo voorheen met 'n ander messteekvoorval verbind is – haar seun by die situasie betrek.
Sy het vertel hoe Asake se tannie haar seun N$10 gegee het om by ’n plaaslike diensstasie te wag, wat die gebeure van daardie dag aan die rol gesit het.
“My seun het vir my gesê dat Kaka [Asake] hom gevra het om te wag terwyl hy na die bosse toe gaan, maar in plaas daarvan het hulle Paulus en sy vriend genader.
“My seun het die seuns gegroet omdat hy een van hulle [John] geken het. Oomblikke later het Kaka die slagoffer gevolg en hom gesteek. Die bloed het op sy hemp gespuit.”
Die ontstelde ma het gesê haar seun is gemanipuleer en Asake het “’n speelding van hom gemaak”. Asake het na bewering die selfoon gevat en die skooltas gebruik om die bloed op sy hemp te bedek.
Sy het gesê nadat haar seun sy aandeel in die voorval beken het, het sy dit by die polisie aangemeld en ’n tradisionele raadslid ingelig.
Asake se familie het glo haar getuienis weerspreek. “Sy broer het na ons huis toe gekom, ons beledig en selfs gedreig om ons dood te maak. Hy het gesê ‘hoe durf jy my laaitie (jonger broer) aangee?”
Die vete tussen die twee families het sedertdien verdiep.
POLISIE
Die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Kavango-Oosstreek, Bonifatius Kanyetu, het in ’n telefoniese onderhoud die rol van tradisionele howe in sulke aangeleenthede uitgeklaar.
“Die tradisionele owerheid kan slegs sulke verrigtinge bevraagteken en aanteken. Hulle het geen wetlike mandaat om moordsake te verhoor nie,” het hy gesê.
“Maar sulke rekords kan later as versagtende omstandighede tydens formele hofverhore gebruik word, veral as vergoeding of gemeenskapsondersteuning aan die bedroefde familie gebied is.”
KARIBIB-VOORVAL
Toenemende kommer heers oor jongmense wat moorde pleeg en by ander ernstige misdaad betrokke raak. In ’n onlangse voorval word ’n 17-jarige seun daarvan beskuldig dat hy ses van sy familielede op Usakos wreed vermoor het.
Hulle is as Elisabeth Naruses (90), Fenny Naruses (18), Ibra Naruses (6), Raunisha Boer (6), Rachel Boer (3) en Emi Naruses (3) geïdentifiseer.
Hy staan tereg op verskeie aanklagte van moord en ’n aanklag van dwarsboming van die gereg ná die beweerde moorde verlede naweek op sy familielede in die Hakaseb-nedersetting.
Polisieondersoeke het aan die lig gebring dat die slagoffers eers met ’n byl en ’n knopkierie geslaan is voordat hul liggame in hul huis aan die brand gesteek is, in wat ondersoekers glo ’n poging was om bewyse te vernietig.
Die beskuldigde het verlede week in die Usakos-landdroshof verskyn en hy bly in aanhouding.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie