Foto LinkedIn/Harold Kamatuka
Foto LinkedIn/Harold Kamatuka

‘Oneerlike’ prokureur van rol geskrap

Meer as twee jaar in die tronk
Haroldt Kamatuka staar ook moontlike vervolging in die gesig.
Kristien Kruger
’n Regspraktisyn is vandeesweek van die rol geskrap en boonop is sy saak na die aanklaer-generaal verwys wat sal besluit of hy van bedrog en meineed aangekla moet word.

Die hoërhof in Windhoek het Haroldt Kamatuka Dinsdag van die rol geskrap op grond van onprofessionele, oneerlike en onwaardige optrede.

Dit volg nadat die Regsvereniging van Namibië (LSN) ’n saak teen Kamatuka aanhangig gemaak het ná bewerings dat hy in sy aansoek om toelating as prokureur gejok het.

Kamatuka het glo nie in sy aansoek bekend gemaak dat hy ’n kriminele rekord het en voorheen skuldig bevind is aan bedrog, diefstal en omkopery nie.

Hy het ook na bewering gejok deur in sy aansoek te sê dat hy sy praktiese regsopleiding (klerkskap) by die kantoor van die staatsprokureur gedoen het.

“Kamatuka was oneerlik. Hy het ’n tekort aan integriteit. Nie een van daardie eienskappe hoort in die karakter van ’n regspraktisyn nie. ’n Oneerlike persoon is nie geskik om die reg te beoefen nie,” lui regter Beatrix de Jager se uitspraak wat Dinsdag gelewer is.

Ingevolge die hofbevel moet Kamatuka ook die LSN se regskoste vir die aansoek betaal.



TRONKSTRAF

Die hof het bevind dat Kamatuka sowat twee en ’n half jaar by die Windhoek Sentrale Gevangenis in aanhouding was nadat hy skuldig bevind is op 16 aanklagte van bedrog, twee aanklagte van diefstal en twee aanklagte van omkopery. Hy was in aanhouding vanaf 10 Maart 1999 tot 8 Oktober 2001.

Kamatuka het egter tydens die verhoor volgehou dat hy nooit aan dié aanklagte skuldig bevind is of in aanhouding was nie.

Ter ondersteuning het hy glo gedragsertifikate (certificate of conduct) vir verskeie datums tussen Oktober 2016 en Maart 2024 ingedien, wat glo deur die Namibiese polisie uitgereik is. Dit is tydens die verhoor vasgestel dat ten minste twee van dié sertifikate vervals is.



VERWYDERING

Die opsie van ’n blote skorsing, in plaas daarvan om van die rol geskrap te word, is ook in die uitspraak bespreek. De Jager het bevind dat Kamatuka nie geskik was om op die rol te bly nie.

“As daar oneerlikheid is moet die omstandighede uitsonderlik wees voordat die hof ’n skorsing in plaas van ’n verwydering sal beveel.

“Die betrokke saak het nie sulke omstandighede nie. Inteendeel, in Kamatuka se geval dui die feite daarop dat hy gereeld oneerlik is.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!