700 leerlinge ervaar teater met ‘God of Women’
Opvoerings van prof. Sifiso Nyathi se verwerking van “God of Women” het onlangs by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) begin. Nadat NTN graad 9-leerlinge wat die boek bestudeer as deel van hul kurrikulum die geleentheid gebied het om gratis na die opvoering te kyk, het meer as 700 leerlinge van Windhoek, Rehoboth en Okahandja die toneelstuk oor drie dae bygewoon. “Hierdie ervaring gaan nie net oor die inwin van kennis nie; dit gaan oor die vorming van die toekoms van leer,” het NTN op sy Facebookblad gesê. Foto Nasionale Teater van Namibië
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie