Alle paaie lei na Onafhanklikheidstadion
Die oorskot van wyle stigterspresident Sam Nujoma het gister vanaf Keetmanshoop op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aangekom vanwaar dit in ’n gewyde presidensiële stoet deur verskeie van Windhoek se strate beweeg het waar honderde inwoners met Namibiese vlaggies gewag het om vir oulaas te groet. Nujoma se oorskot is daarna na die parlementstuine in die hoofstad geneem waar hy tot vandag 11:30 in staatsie sal lê, voordat sy oorskot na die gedenkdiens in die Onafhanklikheidstadion geneem word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie