Blommeprag in die woestyn
Ursula James het onlangs tussen Aussenkehr en Rosh Pinah – al langs die Oranjerivier – gereis en op die Facebookblad, Padlangs in Namibië, haar indrukke en foto’s gedeel.
“Geel en nóg geel. Verskillende gele en dan skielik pers tot bo-op die grootse klippe. Tot my skoene was vol stuifmeel. Die pad vanaf Aussenkehr, Rosh-Pinah na Lüderitz is prentjiemooi uit ons Vader se hand met al die mooi blomme.
“Dertig tot 50 kilometer uit Rosh Pinah op pad na Aus is die Namakwaland op sy eie. Van die Garub-treinstasie tot 40 km voor Lüderitz is dit prentjiemooi. Met vygies so ver soos die oog kan sien. As hulle opvolgreën kry en tot blom kom, gaan dit ’n gesig wees om te sien.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie