No Image Caption

Die langpad (en die veld) roep

Henriette Lamprecht
Vele Namibiërs pak vandag die langpad aan om vir die Paasnaweek by geliefdes en vriende te gaan kuier of om net vir ’n wyle saam met hul gesin weg te breek om nuwe krag te kry vir die jaar wat voorlê. Hopelik sluit jou wegbreek ’n stilword (of stap) in die natuur in, wat vanjaar met ’n ekstra groen kombers getooi is soos dié foto van Gesie Blaauw so mooi wys. Of jy Paasfees in die veld, in die stad of op ’n dorp gaan deurbring, wens Republikein sy lesers ’n geseënde Paasfees en ’n veilige reis toe. Ons volgende uitgawe verskyn op Dinsdag 22 April.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer