Die lewe is ’n reis
Die kind se naam was Isabella Dolorosa van Tonder, maar vir haar “granny” was sy Tinkerbell. As Nella Peterson vertel die formidabele Amanda Strydom haar verhaal van hoop, groot avonture, selfontdekking en haar uiteindelike tuiskoms. Van die bitter jare in die kinderhuis tot haar ballingskap in Amsterdam en haar uiteindelike terugkeer na haar hartsmense en die land wat haar eie is.
Strydom en die pianis Coenraad Rall het gehore die naweek as deel van die FNB Windhoek Woordfees in Windhoek en Swakopmund betower met Tinkerbell se storie verweef met musiek en haar kragtige stem. In die woorde van Tinkerbell: “Die lewe is ’n reis, wie is ons om te vra oor die vervoer?” FOTO’S IRENE-MARI VAN DER WALT

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie