Die roos tussen die lelies
Mej. Tiener Namibië 2022, Zoë Karsten, het die afgelope week – soos vele ander Namibiërs – die lelies op die plaas Sandhof naby Maltahöhe gaan besigtig. Haar fotosessie in die lelielande was ter voorbereiding vir haar internasionale deelname in Kambodja in Junie vanjaar. Sy wil haar deelname as platform gebruik om Namibië as toeristebestemming te bemark. Die lelies is ’n besonderse natuurverskynsel en blom slegs nadat die pan genoeg reën ontvang het en net vir ’n paar dae.
Foto Kris Alexander (Southern.X studio)
Foto Kris Alexander (Southern.X studio)
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie