Foto Rolando Ligustri  en Lukas Demetz/apod.nasa.gov/
Foto Rolando Ligustri en Lukas Demetz/apod.nasa.gov/

Komeet met ‘twee sterte’ in Namibië vasgevang

Kristien Kruger
Dié skouspelagtige komeet Pons-Brooks, met sy sterte wat in verskillende rigtings wys, is verlede week in Namibië vasgevang.

Die blou gloeiende ioonstert is duidelik sigbaar in die beeld en regs bo is die gloeiende sentrale koma van komeet 12P/Pons–Brooks. Die komeet se stofstert waai uit die koma, meestal na links.

Die stofstert is geneig om die komeet langs sy wentelbaan te volg en vanuit sommige hoeke blyk dit in die teenoorgestelde rigting van die ioonstert te wees aangesien die drukking van sonlig dit vertraag.

Die helder ster Alpha Leporis word onderaan die beeld gesien.

Twee dae gelede het die komeet sy naaste punt aan die aarde verbygesteek en is nou die beste sigbaar vanaf die Suidelike Halfrond voor dit verdof en na die buitenste sonnestelsel terugkeer.

Die Amerikaanse ruimteagentskap Nasa het dié foto op 4 Junie gedeel as deel van hul inisiatief, “sterrekunde foto van die dag”. Elke dag word ’n ander beeld of foto uit die ruimte gedeel saam met ’n kort verduideliking wat ’n professionele sterrekundige geskryf het.

Volgens mediaberigte is die komeet 12P/Pons-Brooks vir meer as 70 jaar laas in ons hemelruim gewaar voor dit in April vanjaar weer nader aan die aarde gedraai het.

Die komeet is vernoem na die Franse sterrekundige Jean-Louis Pons wat dit in 1812 ontdek het en sy Brits-Amerikaanse eweknie William Robert Brooks wat dit daarna weer in 1883 waargeneem het.

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!