Maart se magiese maan
Olga Nesterenko van Olga’s PhotoDesign in Swakopmund het dié pragfoto geneem van die volmaan aan die kus waar dit van agter een van die vakansiedorp se historiese geboue loer.
Olga verduidelik in die Suidelike Halfrond het dié volmaan al die karaktereienskappe van ’n Oesmaan.
“Dis die lente-ekwinoks vir die Noordelike Halfrond en die herfs-ekwinoks vir die Suidelike Halfrond. Vanjaar se volmaan in Maart (25 Maart) is ná die lente-ekwinoks (19 Maart) en wat dit die Paasmaan maak. Dit is dus die eerste volmaan van die lenteseisoen en daarom bepaal dit vanjaar se datum van Paasfees,” sê Olga.
Volgens haar het die Maart-ekwinoks oor die tye heen groot kulturele betekenis en vier baie kulture dit steeds vir ’n nuwe begin, hergeboorte, suiwerheid en ’n skoon of suiwer lewe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie