FOTO GIZ-BIA-Jonathon Rees
FOTO GIZ-BIA-Jonathon Rees

Namibiese foto wen wêreldkompetisie

Henriette Lamprecht
’n Foto van ’n vrou wat mahangu (pêrelgiers) in die noorde van Namibië oes, is uit meer as 800 inskrywings uit 50 lande as wenner aangewys in ’n internasionale fotokompetisie wat deur die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) aangebied is.

Die foto wat in Mei 2021 deur Jonathon Rees geneem is, beeld Maria Nakumbwata uit waar sy mahangu oes by haar hut in die

Okahanya-nedersetting in die Oshikotostreek.

Die kompetisie was deel van die FAO se Internasionale Jaar van Giers wat bewusmaking geskep het oor die voedingswaarde van giers, insluitend mahangu en die verbouing daarvan onder veranderende klimaatstoestande. Rees se foto wys mahangu is ’n stapelvoedsel vir meer as die helfte van alle Namibiërs en is goed aangepas tot lae reënval en grondtoestande in die land se noord-sentrale streke. Dit speel ook ’n beduidende rol om voedselsekuriteit in landelike gemeenskappe te verseker.

Professionele sowel as amateur-fotograwe kon aan die kompetisie deelneem en meer as 800 inskrywings is uit meer as 50 lande ontvang. ’n Internasionale paneel van fotograwe, fotoredakteurs, landboukundiges en kommunikasiespesialiste het die wenfoto gekies.

Rees het in die negentigerjare as joernalis in Namibië gewerk en staan nou aan die stuur van ’n spesialis- kommunikasie-agentskap, Proof Africa. Hy het die foto geneem terwyl hy in opdrag van die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) GmbH vir die BioInnovation Africa (BIA)-projek in Namibië was. Die projek word namens die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme uitgevoer en deur die Duitse regering gefinansier.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!