Potjiekos-pret en ’n hupstoot vir onderwys

Terwyl hartsklanke verlede naweek opgeklink het by WHS se Vegkop-stadion – waar kanniedood-musiekliefhebbers die bibberweer trotseer het om Suid-Afrika se Adam Tas en die plaaslike musieklieflinge Vaughn Ahrens en Riaan Smit op die verhoog te sien vir die African Child Development Trust (ACDT) se Sounds of Caring-konsert – het die What’s Cooking-potjiekoskompetisie Saterdagoggend vir opwinding gesorg toe maatskappye mekaar om die potjiekosvure die stryd aangesê het.

Tussendeur het Nova 103.5 se klanke vir ’n ontspanne atmosfeer gesorg.

Die span van Pick n Pay is aangewys as dié met die beste gees, en Neo Paints het met die trofee vir die besgeklede span weggestap en as die span met die beste potjie uit die stryd getree.

Die konsert en potjiekoskompetisue was ten bate van die ACDT se onderwysprojek, het oorspronklik ten doel gehad om onderrigmateriaal landswyd beskikbaar te stel gedurende die Covid-19-inperking. Hierdie inisiatief het tot gevolg gehad dat 12 miljoen opvoedkundige boekies tussen 2020 en 2021 gedruk en landswyd versprei is. Alle opbrengste van die naweek gaan aan die ACDT.

Foto's Xavier Peters

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!