Suide Paasnaweek geseën met reën
Sommige dele in die suide van Namibië wat nog steeds nie goeie reënval gehad het nie, is Paasnaweek geseën met reën. Van die Karasberge, Koës, Aroab, Leonardville, Blumfelde tot die Swartrante het hul groen graskomberse aangetrek en selfs hael het in die Kalahari voorgekom. Die pragfoto's is van die WhatsApp-groep Weerinligting ontvang.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie