Swakopmund beleef gedeeltelike maansverduistering

’n Gedeeltelike maansverduistering was op 28 Oktober in Swakopmund sigbaar. ’n Maansverduistering word gesien wanneer die aarde se skaduwee die maan gedeeltelik of heeltemal bedek en verhoed dat die sonlig wat die maan gewoonlik weerkaats, gesien kan word. Dit gebeur wanneer die wentelbane van die aarde, die maan en die son in lyn is sodat die aarde tussen die son en maan beweeg. Algehele maansverduistering kom gewoonlik elke ses maande voor, maar die tussenposes kan wissel. Elke maansverduistering is vanaf een helfte van die aarde sigbaar en nie elke verduistering is vanaf dieselfde plek sigbaar nie.

Die vorige gedeeltelike maansverduistering was op 16 en 17 Julie 2019 sigbaar en sal weer op 18 September 2024 voorkom. Die vorige algehele maansverduistering was op 16 Mei 2022; die langste algehele maansverduistering sedert 1989. In Namibië sal die volgende algehele maansverduistering op 7 September 2025 sigbaar wees.

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!