Foto ter illustrasie/Björn Basler
Foto ter illustrasie/Björn Basler

Vat die langpad rus-rus

Met die langnaweek op hande, is talle padgebruikers gretig op pad in alle rigtings van die land, of dit nou Hentiesbaai se Visfees, die Ongwediva-handelskou, Heldedagviering op Omuthiya of Outjo se Wildsfees is.

Die Namibiese polisie het Namibiërs wat die naweek die langpad aandurf gewaarsku om verantwoordelik te bestuur en voorsorgmaatreëls te tref. Bykomende padblokkades en intensiewe patrollering van die B1- en B2-hoofweë sal glo deel vorm van die polisie se pogings om paaie te beveilig.

“Daar kan oorvol paaie, ongeduldige bestuurders en roekelose gedrag voorkom, wat tot tragiese padongelukke op nasionale hoofweë kan lei,” het die polisie in ’n verklaring gewaarsku.

Padgebruikers word aangeraai om geduldig te bly en kontaknommers vir die plaaslike polisie byderhand te hou asook om brandblussers in hul voertuie te hê as ’n voorsorgmaatreël vir moontlike noodgevalle.

Republikein wens sy gewaardeerde lesers ’n voorspoedige langnaweek toe. Ons volgende uitgawe verskyn op Dinsdag 27 Augustus.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° #N/A #N/A