100 inwoners ontvang huise in Katutura
Uutoni vol lof by oorhandiging
Kopers wat belangstel kan 'n aansoekvorm by die CoW se hoofkantoor afhaal en sal dan aan 'n kredietkontrole onderwerp word.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, was Woensdag in ‘n opgewekte luim toe 100 huise, wat volledig gediens is, aan inwoners van Freedomland in Katutura oorhandig is.
Die behuisingseenhede spruit uit ’n gesamentlike projek, die Informal Settlement Upgrading Affordable Housing-loodsprojek (ISUAHPP), tussen die Windhoek-munisipaliteit (CoW), Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling.
Onder die vaandel van dié projek is meer as 410 huise reeds aan nuwe eienaars in verskeie informele nedersettings in Windhoek oorhandig.
In sy hoofrede het Uutoni gesê die nasie moet hierdie pogings raaksien en waardeer en dat hulle moet ophou om te sê die regering is nutteloos.
“Moenie probeer om ‘n program te besit nie, laat dit iets vir ons almal wees. Ek val niemand aan nie. Hulle sê ‘hulle [regering] bou nie huise nie’, maar ons is daar,” het die minister gesê.
Hy het verder die pogings van die CoW en die NHE geloof en ‘n beroep op Windhoek se burgemeester, me. Sade Gawanas, gedoen om die voortou te neem en meer projekte van hierdie aard te lei.
TWEEDE FASE
Die projek, wat in Augustus 2020 afgeskop het, het gedurende sy eerste fase meer as 400 huise oorhandig, met nog 40 wat in fase 2 gebou sal word.
Gawanas het gesê die bouwerk aan ál meer huise word weekliks voltooi.
“Die behoefte aan bekostigbare behuising is dringend, veral vir gesinne wat nie skuiling kan bekostig nie,” het sy gesê.
Volgens die burgemeester is die bal vir fase 2 alreeds aan die rol gesit.
DOEN AANSOEK
Die beskikbare huise is een- of tweeslaapkamereenhede, met water en krag ingesluit.
Kopers wat belangstel kan ‘n aansoekvorm by die CoW se hoofkantoor afhaal en sal dan aan ‘n kredietkontrole onderwerp word.
“Sodra jou aansoek goedgekeur is, sal jy dan op ‘n waglys geplaas word sodat die konstruksie van die huis kan begin. Die huise word volledig gediens en pryse van elke eenheid verskil,” het CoW se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. O’Brien Hekandjo, gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie