5 000 gedienste erwe, huise vir hoofstad beplan
Poging om informele nedersettings in erkende gemeenskappe te verander
Die teiken is merkbaar ambisieus, veral in vergelyking met die regering se massabehuisingsprogram wat net 4 380 in tien jaar kon lewer.
Die regering het hom daartoe verbind om in die volgende 12 maande 5 000 nuwe huise in die Khomasstreek te bou.
Volgens die streek se goewerneur, Sam Nujoma, vorm die inisiatief deel van pogings om informele nedersettings in die streek te formaliseer.
Die teiken is merkbaar ambisieus, veral in vergelyking met die regering se massabehuisingsprogram wat net 4 380 in tien jaar kon lewer. Die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) het 18 304 huise tussen 1993 en 2024 gebou.
Die aankondiging volg ná ’n raadgewende vergadering met rolspelers wat deur die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, belê is vir die opgradering en formalisering van informele nedersettings in Windhoek.
Die vergadering wat op 31 Maart in die Samora Machel-kiesafdelingskantoor plaasgevind het, het geëindig met ’n opdrag aan die kantoor van die goewerneur om die ontwikkeling van ’n implementeringsplan vir Khomas te koördineer. Die plan sou verlede Vrydag aan die eerste minister voorgelê word.
In reaksie hierop het Nujoma bykomende vergaderings met rolspelers belê om te verseker die proses word gekenmerk deur samewerking, deursigtigheid en innoverende oplossings. Rolspelers het Stad Windhoek (CoW), die ministerie van landbou, visserye, water en grondhervorming, sowel as die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling ingesluit.
Twee sulke vergaderings het reeds plaasgevind en het gefokus op die verandering van informele nedersettings in formeel erkende gemeenskappe. Dit is ’n beduidende stap op die pad na volhoubare ontwikkeling en verbeterde dienslewering vir inwoners.
Die proses vir die opstel van die implementeringsplan het in 2023 begin tydens Nujoma se termyn as voorsitter van die Windhoek-munisipaliteit se bestuurskomitee.
Die grondslag wat toe geskep is, is nou die huidige strategiese raamwerk wat daarop gemik is om die streek se behuisingskrisis te takel.
Die implementeringsplan verwys na sleuteldemografiese en sosioëkonomiese aanwysers wat die dringendheid van ingryping aandui.
Namibië se bevolking het drie miljoen in 2023 bereik, ’n styging vanaf 2,1 miljoen in 2011, met 50% wat tans in stedelike gebiede woon.
Khomas verteenwoordig 16,3% van die nasionale bevolking (494 605 inwoners) en 32% van die nasionale stedelike bevolking (486 197 inwoners).
Uit hierdie totaal het 46,9%, ’n beraamde 231 970 mense in 2023 in verarmde omstandighede of sinkhuise gewoon, ’n beduidende styging van 30,6% (sowat 104 695 mense) in 2011.
REEKS PROJEKTE
Om dié uitdagings die hoof te bied, het die regering hom daartoe verbind om ’n reeks projekte binne die finansiële jaar aan te pak.
Dit sluit in die lewering van 5 000 gedienste erwe in Windhoek, hoofsaaklik in informele nedersettings asook die bou van 5 000 bekostigbare behuisingseenhede op die erwe.
Die plan prioritiseer ook die uitrol van die buigsame eiendomsregstelsel wat die aktestelsel vir beginners asook die grondakteskema insluit om aan inwoners veilige en bekostigbare eienaarskap van grond te verseker.
Die opgradering van infrastruktuur vorm ’n kritiese deel van die plan. Dit sluit die opening van hoofroetes binne informele nedersettings in om mobiliteit, toegang tot dienste en ekonomiese geleenthede te verbeter.
Veiligheid is ook ’n prioriteit met hoë masligte wat oraloor in informele nedersettings opgerig sal word wat tans sonder ligte is en meer as 135 000 inwoners bevoordeel wat tans in donkerte leef.
Die installering van munisipale dienste, water, riool en krag sal uitgevoer word in 11 besparingsgroepe wat goedgekeurde ontwerpe het, wat beteken hulle kan dadelik met die bou van die huise begin. Dié ingryping sal later uitgebrei word om alle ander besparingsgroepe in die streek te dek.
Buiten vir dié maatreëls sal besprekings voortduur om die potensiële opgradering van alle grondpaaie in verskeie woonbuurtes in Windhoek na teeroppervlaktes te ondersoek. Dit is in lyn met die regering se breër verbintenis tot die stedelike transformasie op die lang termyn.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie