Streekraadslede in die Kavango-Wesstreek het hul frustrasies uitgespreek oor wat hulle beskryf as die regering se verwaarlosing van hul kiesafdelings. Foto verskaf
Streekraadslede in die Kavango-Wesstreek het hul frustrasies uitgespreek oor wat hulle beskryf as die regering se verwaarlosing van hul kiesafdelings. Foto verskaf

Afgeleë dorpies wag steeds vir paaie

Landelike gemeenskappe ‘voel verwaarloos’
Terwyl vordering in ander sektore plaasvind, bly padinfrastruktuur in die Kapako- en Ncgamgoro-kiesafdelings glo onvoldoende.
Nikanor Nangolo
Streekraadslede in die Kavango-Wesstreek is gefrustreerd oor wat hulle beskryf as die regering se verwaarlosing van hul kiesafdelings.

Hulle verwys na die gebrek aan basiese padinfrastruktuur as ’n voortdurende struikelblok vir ontwikkeling.

Tot op hede het verskeie kiesafdelings in die streek steeds nie gruispaaie nie, wat inwoners van afgeleë dorpies en nedersettings dwing om lang en moeilike reise aan te pak om toegang tot noodsaaklike dienste te verkry.

Terwyl ’n mate van vordering in ander sektore gemaak is, bly padinfrastruktuur – veral grondpaaie – in die Kapako- en Ncgamgoro-kiesafdelings – ’n bron van kommer.

Die gebrek aan paaie belemmer inwoners se toegang tot onderwys, gesondheidsorg en ekonomiese geleenthede.

’n Raadslid vir die Kapako-kiesafdeling, Johannes Karondo, sê: “Gruispaaie bly ’n uitdaging. Wanneer behoorlike padinfrastruktuur in plek is, stimuleer dit sakebedrywighede, vergemaklik vervoer en verseker beter toegang tot gesondheidsgeriewe en markte.”

Karondo meen dit is reeds ’n jarelange uitdaging vir inwoners van Kapako.

“Tot op hede het nie een van die ses voorleggings wat ons vir paaie in die kiesafdeling gemaak het, gerealiseer nie.

“Terwyl sommige mense nou vra vir bitumen-standaard paaie smeek ons steeds vir basiese grondpaaie.”

Karondo het ook sy hoop uitgespreek vir toekomstige vordering.

“Ek het by die Nasionale Beplanningskommissie gepleit om ontwikkeling tussen kiesafdelings te balanseer.

“Ons hulpkreet is vir meer voorleggings, veral vir padinfrastruktuur. Ons hoop dat ons binne die volgende twee jaar die verwesenliking van ten minste een pad sal sien. Miskien sal een grondpad vanjaar goedgekeur word.”

Thomas Rengi, ’n raadslid van die Ncgamgoro-kiesafdeling, het soortgelyke kwessies in sy gebied uitgelig en opgemerk dat daar nie ’n enkele grondpad sedert die stigting van die kiesafdeling gebou is nie.

“Kapako grens aan kiesafdelings soos Musese en Mankumpi, maar nie een van hierdie gebiede het ’n grondpad wat hulle verbind nie.

“Ons het minstens twee tot drie grondpaaie nodig om groter dorpe met die hoofpad, die Trans-Zambezi-hoofweg, te verbind,” het Regni gesê.

Lukas Muha, ’n raadslid van die Mankumpi-kiesafdeling, het die onlangse vordering op die Alex Muranda-pad geloof waar die eerste fase van gruiskonstruksie voltooi is.



VERSLAG

’n Parlementêre staande komitee oor vervoer, infrastruktuur en behuising het ’n donker prentjie van Namibië se landelike padnetwerk geskets in ’n verslag wat Augustus 2023 uitgereik is.

Dit kom ná besoeke oor al 14 streke en die gevolgtrekking dat landelike paaie in ’n swak toestand is, wat toegang tot noodsaaklike dienste en ekonomiese geleenthede beperk.

Die verslag het uitdagings soos swak netwerkverbinding en verspoelde en onbegaanbare paaie gedurende reënseisoene uitgelig. Kwesbare groepe, insluitend bejaardes, verwagtende vroue en skoolkinders, word grootliks geraak.

In die Zambezistreek maak inwoners van Imukusi – sowat 15 km vanaf Katima Mulilo – glo staat op tydelike paaie wat deur plaaslike inwoners geskep is.

Hierdie paaie word onbegaanbaar wanneer dit reën, wat toegang tot gesondheidsgeriewe en skole afsny.

Die komitee het die ekonomiese tol van swak infrastruktuur uitgelig, met boere wat sukkel om bederfbare goedere en vee na markte te vervoer.

In streke soos Kunene dwing onvoldoende paaie inwoners om deur gevaarlike oorstroomde riviere te loop, dikwels met noodlottige gevolge.



NKURENKURU-NEPARA

Die Nkurenkuru-Nepara-padprojek, wat daarop gemik is om 28 km se grondpad op te gradeer tot ’n laevolume seëlstandaard, het ook vertragings ondervind.

Volgens Conrad Lutombi, die uitvoerende hoof van die Namibiese Padowerheid, het kontrakteurs tot November verlede jaar tyd gehad om spertye na te kom waarna hul kontrakte beëindig sou word.

Die projek wat sowat N$30 miljoen sal beloop en noodsaaklik is om die Kavango-Wesstreek met die Trans-Zambezi-korridor te verbind, het reeds in 2023 begin. Die projek is egter tans nie op skedule nie.

Tydens ’n besoek aan die Kavango-Wesstreek verlede jaar, is adjunk- eerste minister en minister van werke en vervoer, John Mutorwa, ingelig oor die projek se stadige vordering.

Lutombi het verseker dat regstellende maatreëls geïmplementeer sal word.



ISOLASIE

Die goewerneur van Kavango-Wes, Sirkka Ausiku, het die regering versoek om padprojekte – insluitend die langverwagte Charlie Cutlineweg – te bespoedig.

“Padinfrastruktuur is van kritieke belang vir verbinding en ontwikkeling in ons streek. Vertragings belemmer nie net vordering nie, maar vergroot ongelykhede vir ons landelike gemeenskappe,” het Ausiku gesê.

Landelike gemeenskappe oraloor die Kavango-Oos-, Kavango-Wes- en Zambezistreek eis optrede van die regering en voer aan dat die verwaarlosing tot swaarkry en isolasie lei.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 21° | 35° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 20° | 36° Windhoek: 20° | 34° Gobabis: 21° | 36° Henties Bay: 18° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 21° | 36° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 24° | 39° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 26° | 38° Lubumbashi: 16° | 24° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 18° | 35° Antananarivo: 18° | 31° Lilongwe: 18° | 26° Maputo: 24° | 31° Windhoek: 20° | 34° Cape Town: 18° | 24° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 22° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 85685.49 Up +0.43% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1773.44 Down -0.11% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16344.54 Up +1.48% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30010.62 Up +0.40% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 791.88/OZ DOWN -0.0016 | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.006 | Zinc US$ 2 785.00/T DOWN -0.54% | Brent Crude Oil US$ 76.40/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 1 020.46/OZ UP +0.23% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 21° | 35° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 20° | 36° Windhoek: 20° | 34° Gobabis: 21° | 36° Henties Bay: 18° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 21° | 36° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 24° | 39° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 26° | 38° Lubumbashi: 16° | 24° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 18° | 35° Antananarivo: 18° | 31° Lilongwe: 18° | 26° Maputo: 24° | 31° Windhoek: 20° | 34° Cape Town: 18° | 24° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 22° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 85685.49 Up +0.43% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1773.44 Down -0.11% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16344.54 Up +1.48% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30010.62 Up +0.40% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 791.88/OZ DOWN -0.0016 | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.006 | Zinc US$ 2 785.00/T DOWN -0.54% | Brent Crude Oil US$ 76.40/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 1 020.46/OZ UP +0.23%