Afvalbestuurstelsels kom nie die mas op
Wêreldskoonmaakdag Saterdag gevier
Die omgewingsminister het gesê oop en onhigiëniese stortingsterreine dra by tot besoedeling van drinkwater, infeksies en die oordrag van siektes.
Ellanie Smit - Namibië se huidige afvalbestuurstelsel is onvoldoende, met baie nedersettings, dorpe, en munisipaliteite wat nie behoorlike stortingsterreine het nie.
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het dit gesê by die herdenking van Wêreldskoonmaakdag wat Saterdag in die Etosha Nasionale Park gehou is.
“Ons is bewus van sommige plaaslike owerhede se pogings om verskillende maniere te vind om van residensiële en huishoudelike afval ontslae te raak, maar dit bly steeds ’n groot beperkende faktor.”
Shifeta het gesê die ministerie sien die dringende behoefte raak om afvalbestuur in Namibië te verbeter.
Die wet op omgewingsbestuur (EMA) lig afvalbestuur uit as een van die noodsaaklike aspekte van omgewingsbestuur in Namibië.
Die EMA verskaf ’n strategiese basis vir afvalbestuur en vereis dat alle staats- en private instellings doeltreffende afvalbestuurstelsels in plek stel om skade aan die omgewing en gesondheidsrisiko’s vir mense wat uit dié kwessie spruit, te vermy.
Na raming word daar elke jaar meer as 2 miljard ton afval op die planeet gestort.
“Swak afvalbestuur, wat wissel van niebestaande verwyderingstelsels tot ondoeltreffende wegdoening, veroorsaak lug-, water- en grondbesoedeling.”
Shifeta het gesê oop en onhigiëniese stortingsterreine dra by tot besoedeling van drinkwater, infeksies en die oordrag van siektes.
Hy het gesê die verspreiding van rommel besoedel ekosisteme en verminder die estetiese waarde van die omliggende omgewing. Onvanpaste wegdoening van gevaarlike stowwe uit elektroniese afval, mediese afval of industriële vullis plaas ’n stremming op mense en diere se gesondheid sowel as dié van die omgewing.
Shifeta sê die ministerie het in 2019 die nasionale vaste afvalbestuurstrategie van stapel gestuur. Die strategie is belangrik om te verseker dat die toekomstige beleidsrigtings, regulasies, finansiering en aksieplanne om vaste afvalbestuur te verbeter behoorlik gekoördineer en in ooreenstemming met nasionale beleide is, en om samewerking tussen belanghebbendes te fasiliteer.
Dieselfde jaar het die regering ook ’n heffing op plastieksakke ingestel.
Die doel van die heffing is om die gebruik van plastieksakke te verminder en te ontmoedig en sodoende plastiekbesoedeling te beheer. Die geld wat uit die heffing ingesamel word, gaan aan die Omgewingsbeleggingsfonds (EIF).
“Gesprekke tussen die ministerie en die EIF is tans aan die gang om die moontlike aanwending van die ingevorderde heffings te ondersoek vir finansieringsinisiatiewe wat verantwoordelike omgewingsbestuur, besoedelingsbeheer, afvalbestuur en die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne vir ekonomiese ontwikkeling beskerm en bevorder,” het Shifeta gesê.
Hy het gesê voor die heffing het die regering die gebruik van plastieksakke in wildtuine en nasionale parke verbied. Hierdie verbod het glo die hoeveelheid plastiekafval verminder wat in ons oseane en omgewing beland, en individue en besighede aangemoedig om meer volhoubare praktyke te implementeer en die gebruik van alternatiewe materiale te bevorder.
“Gevolglik konsulteer die regering met belanghebbendes om modaliteite in te stel vir ’n algehele verbod op die gebruik van enkelgebruik-plastiek in die land. Ons verstaan ten volle dat hierdie verbod aanpassings vir sommige Namibiërs en besighede kan verg, maar ons glo dit is ’n noodsaaklike stap in die rigting van ’n meer volhoubare toekoms.”
In 2018 het president Hage Geingob die Clean Up-veldtog van stapel gestuur en genasionaliseer. Sedertdien het die veldtog ’n voortdurende jaarlikse gebeurtenis geword.
Shifeta het egter gesê dat moeilike skoonmaakveldtogte alleen nie die besoedelingskrisis sal oplos nie.
Hy het gesê om verandering in menslike gedrag af te dwing en aan te moedig deur herhaalde blootstelling aan bewusmakingsveldtogte en die wetgewing is nodig, asook om bewustheid te skep oor rommel en die negatiewe impak wat dit op openbare gesondheid, flora en fauna en die algemene voorkoms van die natuur inhou.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie