Bank gradeer Post Street Mall op
Sedert die einde van verlede jaar is werkers besig om Post Street Mall se ingang in die sentrale sakegebied in die hoofstad vanaf Onafhanklikheidsrylaan te verbreek, te herstel en op te gradeer.
Die woordvoerder van die munisipaliteit, mnr. Harold Akwenye, sê First National Bank Namibia finansier die verbouings teen ’n koste van N$1,2 miljoen.
Volgens die agenda van die munisipaliteit van 25 Junie 2021 sluit die herstelwerk en opgradering onder meer die vervanging van alle gebreekte en los teëls en plaveisels in. Die ou besproeiingstelsel wat buite werking is, sal vervang word en vyf blombakke sal langs Onafhanklikheidsrylaan opgerig word. Nuwe sementblombakke en bankies sal ook opgerig word.
Die waterfontein wat tans buite werking is, sal verwyder word. Bome sal geplant word, asook bosse om behoorlike skaduwee en sitplek aan inwoners te bied.
Die bank sal ook die huidige horlosietoring herstel. Alhoewel die horlosie binne in die toring werk, is dit een uur agter.
Die kiosk by die ingang is ook afgebreek en sal met nog blombakke vervang word.
Die munisipaliteit het in die laat tagtigerjare Post Street Mall ontwikkel en in 1992 is die kiosk gebou om klein besighede te ondersteun. Vandag is vier van die kiosks beset en 30 straatverkopers het stalletjies in Post Street Mall. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie