Behuisingsprojek vir onderwysers ná dekade steeds onvoltooid
Dispuut tussen staat en kontrakteur rede vir stilstand
By 'n skool in Kavango-Wes moet die onderwysers in sinkplaatkamers woon terwyl die projek stilstaa wat hulle van behuising moet voorsien, stilstaan.
‘n Hofsaak is die rede waarom ’n behuisingsprojek vir onderwysers in die Kavango-Wes- en Ohangwenastreek, wat byna N$15 miljoen gekos het, nie vorder nie – ’n kwessie wat onderwysers verontrief aangesien hulle tans noodgedwonge in “ongunstige omstandighede” moet leef.
Twee van dié skole is die Kasivi- en Katjinakatji gekombineerde skole in Kavango-Wes; waar die onderwysers se huise intussen deur sommige as monumente beskou word, eerder as geriewe wat bedoel was om opvoeders se leefomstandighede geriefliker te maak.
By die Kasivi Gekombineerde Skool gebruik die leerlinge wat verkies om hulle nie in die bosse te verlig as die natuur roep nie, die onvoltooide huise intussen as toiletgeriewe.
Wat dié by Katjinakatji Gekombineerde Skool betref, bly die onvolledige infrastruktuur stilstaan terwyl die onderwysers sinkplaatkamers moes bou om in te woon.
Ons susterkoerant Namibian Sun berig al vir jare oor hierdie kwessie, maar niks verander nie, behalwe dat die onvolledige infrastruktuur aanhou verval weens die weerstoestande en vandalisme waaraan dit blootgestel word.
Volgens die woordvoerder van Kavango-Wes se streekraad, mnr. Salomo Tenga, is die behuisingsprojek vir onderwysershuise op nasionale vlak gedoen en nie deur die streekraad nie.
Hy het verduidelik die rede waarom die behuisingsprojek nie afgehandel word nie, is omdat die staat en die kontrakteur wat die projek laat vaar het in ’n regsgeding gewikkel is.
“Daardie woonstelle is by ‘n aantal skole in die streek, in die gebied van Katjinakatji tot Mpungu. Toe dit in 2012 gebou is, was dit ‘n nasionale tender. Die regering hanteer dit, so die streke het geen sê of gesag behalwe die oorhandiging van die gebiede nie,” het Tenga gesê.
“Die nasionale tender het blykbaar verskeie haakplekke en is nou voor die hof tussen die kontrakteur en die ministerie.”
In 2019 het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur verduidelik die projek is vertraag omdat Reggy's Trading, die kontrakteur wat die tender ontvang het om 23 enkel- en tweeslaapkamerwoonstelle in Kavango-Wes en Ohangwena te bou, nie die projek kon voltooi nie; waarna die kontrak beëindig is.
Reggy's Trading het nie die beëindiging aanvaar nie en die twee partye se prokureurs is by die saak betrek.
“Die kontrak is beëindig vanweë die kontrakteur se onvermoë om die projek binne die vasgestelde tydperk te voltooi. Met betrekking tot wanneer die projek waarskynlik voltooi sal wees, is daar kwessies rondom die beëindiging van die kontrak en die kontrakteur voel hierdeur verontreg.
“As sodanig word die saak deur ons prokureurs hanteer. ‘n Dagvaarding om in die hof te verskyn is ook aan die kontrakteur beteken,” het die ministerie destyds gesê.
Tot op hede is geen van die beplande geboue voltooi nie.
’n Bedrag van N$14,9 miljoen is vir die projek toegewys, en meer as N$6 miljoen is aan die kontrakteur betaal.
– [email protected],na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie