Behuisingstekort die perfekte storm
Met onafhanklikheid het net 3% van Namibiërs in informele behuising gewoon, maar reeds voor die onlangse sensusopname het dit tot 34% van alle inwoners in die land gegroei. Volgens die ekonoom Namene Kalili het Windhoek ordentlike behuisingseenhede vir 40% tot 45% van sy inwoners nodig wat tans in informele behuising 'n heenkome vind.
Volgens Kalili is grondlewering in die hoofstad nie in pas met die aanvraag nie. Hy het beklemtoon elke persoon moet 'n plek hê waar hy of sy kan bly.
Kalili, Angusto Bernardo Kamolokamwe, Mutonga Matali en Keuuavali Neshila was as deel van die Sanlam Brief-reeks deel van 'n gesprek wat op die landwye behuisingskrisis gefokus het.
Kalili het die behuisingstekort as 'n krisis in veral stedelike gebiede beskryf.
"As jy eers bo die 50%-kerf van informele behuising kom, word jy 'n ‘slum city,’ en dit is baie moeilik om vandaar terug te draai. Plaaslike owerhede staar landwyd 'n perfekte storm in die gesig," het hy gesê.
Kamolokamwe van die National Housing Action Group (NHAG) wat die Shack Dwellers Federation (SDFN) ondersteun, het die aanvraag na behuising as kritiek beskryf, omdat 'n huis volgens hom 'n kommoditeit in die land geword het.
“Wat is die ware markwaarde van 'n huis? Ons het dringend 'n prysindeks van eiendom nodig,” het hy gesê.
Volgens Kalili behoort 'n gemiddelde huis met die gemiddelde inkomste van werknemers in Namibië van N$20 000 per maand sowat N$700 000 te kos. Dit kos egter N$1,5 miljoen.
National Housing Enterprise (NHE) se woordvoerder Mutongo Matali het die huidige situasie as "haglik" beskryf en gemaan dringende ingryping is nodig. Uit 'n geskatte landswye behuisingtekort van sowat 400 000 is 107 000 huise NHE se verantwoordelikheid. Dit sluit in 33 000 in Windhoek, 35 000 vir Walvisbaai en Swakopmund en 'n verdere 22 000 huise vir die Noorde van die land.
“Uit die oogpunt van die NHE was daar voorheen 'n wanbalans tussen die beleid en die toekenning van hulpbronne. Die hersiende beleid is egter in lyn met die nasionale begroting.”
Matali sê huise deel van die massabehuisingsprojek aan die kus word reeds stuk-stuk aan begunstigdes toegeken. Meer geld is ook beskikbaar vir die opgradering van huise in informele nedersettings.
NHE het onlangs 113 opgegradeerde huise in Windhoek aan begunstigdes oorhandig.
“Dié sukses het ons oortuig ons kan hiermee 'n landwye impak maak,” sê Matali, met gesprekke wat reeds onderweg is om die opgraderings ook in Swakopmund en Walvisbaai te doen.
Volgens hom moet inwoners van informele nedersettings die NHE, asook die betrokke dorps- en streeksraad nader om deel van die opgraderings te wees. Matali sê die NHE se laekoste huise wissel van N$90 000 tot N$200 000.
Keuuavali Neshila, stigter en direkteur van Kamau Town Planning & Development Specialist het op sy beurt gesê groot oponthoud word met die diens van grond ervaar. Volgens ekonoom Kalili lê die antwoord in 'n nuwe entiteit wat spesifiek op die spoedige en bekostigbare diens van grond landwyd fokus.
"Dit moet 'n nuwe speler wees, iemand met 'n nuwe benadering wat dinge gedoen kry. As ons net 5 000 huise 'n jaar bou, groei ons BBP met 3,5%," het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie