Beurtwater ’n werklikheid in Outjo
Waterinfrastruktuur is onvoldoende
Die burgemeester van Outjo sê die invoer van boorgatonderdele het daartoe gelei dat die dorp steeds gebuk gaan onder waterprobleme.
Inwoners van Outjo is ontstoke oor maatreëls vir beurtwater wat glo sedert verlede jaar in dié dorp van krag is.
’n Plaaslike sakeman Deon Verster glo dit is weens die wanbestuur van die dorp se waterhulpbronne.
“Die probleem kom al van 2018 af,” het hy gesê.
Hy sê die pompe by byna al die boorgate wat water aan Outjo verskaf, is stukkend.
“Dit is ’n kombinasie van faktore. Daar is jare laas nuwe gate geboor en hulle het nie voorsiening gemaak vir die toename in mense wat na die dorp kom nie,” het hy gesê. Verster sê die watertafel het weens die wanbestuur van waterhulpbronne met 30 meter gedaal.
Verster sê Outjo se sakegemeenskap het in 2021 hul hulp aan die munisipaliteit gebied om die waterkwessie op te los, maar die munisipaliteit het na bewering dié aanbod van die hand gewys en gesê hulle sal finansiering van die regering kry.
Die boorgat wat daarna geboor is, was volgens Verster ’n mislukking en het verduidelik hulle moes fondse – wat van ’n gemeenskapsfonds vir Covid-19 oorgebly het – gebruik om ’n geohidroloog aan te stel wat die nodige rigting kon gee vir Outjo se boorgatplanne. Die geohidroloog het glo drie plekke geïdentifiseer waar boorgate geboor kon word.
Volgens Verster is dit nie net die boorgate wat onvoldoende is in die dorp se waterinfrastruktuur nie.
“Daar is groot dele van die informele nedersetting wat nie waterinfrastruktuur het nie, maar daar is waterinstallasies waar mense vooruitbetaalde water kan kry, maar ek sou sê slegs tussen 10% en 15% van daardie krane werk,” sê hy.
Johannes Bapello, Outjo se burgemeester, sê ’n boorgat van 150 m diep is reeds geboor, maar dat die installasie van die toerusting tans die proses vertraag. Hy voer aan dat klimaatsverandering gelei het tot die daling in die watertafel.
“Ons het gewag vir geld van die regering; ons het in Mei die geld ontvang. Ons het dit net so aan die ingenieursmaatskappy oorbetaal, en hulle wag egter nog vir onderdele,” het hy gesê.
Hy sê vandalisme bedreig Outjo se watertoevoer. Vandale steel glo die boorgatpompe se onderdele, en Bapello sê die opskerping van sekuriteit keer nie die vandale nie.
“Ons het ’n sekuriteitsmaatskappy gevra om daar te patrolleer, maar hulle het weer twee weke gelede onderdele gesteel,” het hy gesê.
UITVOERENDE HOOF
Inwoners het onlangs ’n protesaksie gehou en geëis dat die dorp se “onbekwame” uitvoerende hoof, Josef /Urib, bedank.
Die munisipale raad het kort daarna tydens ’n dringende raadsvergadering die besluit geneem om /Urib te vra om uit te tree.
“Dit het amper gewelddadig geraak. Ons het besluit vir die veiligheid van die munisipale gebou en die werknemers wat daar binne was om hom te vra om uit te tree,” het Bapello gesê.
Volgens hom sal /Urib se uittrede weer in ’n volgende raadsvergadering bespreek word voor hierdie kwessie finaal afgehandel sal wees.
“Hy is totaal en al onbevoeg en hy is lui,” sê Verster wat aanvoer die kandidaat wat glo vir /Urib moet vervang, is ook nie bekwaam om die leisels oor te neem nie.
Bapello hou egter vol dat die politiek rondom die munisipale figuur nie uniek aan Outjo is nie.
“Elke munisipaliteit het sy probleme. . .”
/Urib het volgens die gemeenskapsaktivis Koos Malinge nog nie sedert die gemeenskap se protesaksie vir werk opgedaag nie. Pogings om /Urib vir kommentaar te nader, was onsuksesvol.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie