No Image Caption

Bykans N$1,5 miljoen se skade toe kragtoring val

Vandale onder verdenking
'n Veldbrand het ontstaan na 'n kragtoring in die Usakos-omgewing geval het.
Irene Van Der Walt
NamPower het bevestig 'n geskatte N$1,5 miljoen se skade is aangerig deur vermeende vandalisme toe die Omburu-Khan-kraglyn gistermiddag naby Omaruru verbreek is toe toring nommer 282 ineengestort het.

Die lyn dra 2 220 kiloVolt na die kus.

Volgens voorlopige ondersoeke is ondersteunende staafdrade skynbaar verwyder.

"Daar word vermoed dat dit as gevolg van vandalisme is. Die onwettige verwydering van die staafdrade het die ondersteuning van die toring in gedrang gebring en tot gevolg gehad dat dit ineengestort het," het NamPower vanmiddag in 'n mediaverklaring gesê.

Die ineenstorting van die toring het ook 'n veldbrand veroorsaak wat gou onder beheer gebring is. Niemand is beseer tydens die voorval nie.

Hoewel die Omburu-Khan-kraglyn hoofsaaklik elektrisiteit aan die sentrale kus verskaf, verduidelik NamPower se bestuurder vir stelselbedryf, mnr. Eschel Kandjii, dat dit nie voorkom asof daar enige diensonderbrekings na hierdie areas sal wees nie weens danksy alternatiewe kragtoevoer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!