Roads
Roads

Byna N$6 mjd. vir paaie benodig

RFA verhoog inkomste met 16,5%
Die RFA sê daar is 'n aanduiding dat finansieringsvereistes om die huidige padnetwerk in 'n aanvaarbare toestand te handhaaf, en om die finansieringsgaping te sluit, sal vereis dat die brandstofheffing teen 2026 op N$2,98 per liter moet staan.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit - Vir volgende jaar se begroting het die Padfondsadministrasie (RFA) finansieringsversoeke van altesaam N$7 miljard ontvang, waarvan N$5,8 miljard vir die nasionale padnetwerk is.

Ali Ipinge, die RFA se uitvoerende hoof, het dit gesê tydens konsultasies vir die RFA se 2024-’25-sakeplan.

Die agentskap het sy inkomste met 16,5% verhoog – van N$3 miljard in 2022 tot N$3,4 miljard in 2023.

Hy het gesê in die huidige sakeplan is 81% van begrotingsversoeke van goedgekeurde owerhede gefinansier, wat die RFA se finansieringsgaping tot N$800 miljoen vir die jaar onder oorsig verminder.

“Oor die vyfjaar-sakeplantydperk sal die verwagte finansiële verbintenis gelykstaande wees aan N$20,5 miljard.”

Ipinge het gesê wat opmerklik is in hierdie boekjaar, is sleutelprojekte en programme wat gefinansier word, soos die instandhouding van die nasionale padnetwerk, rehabilitasie van die Rundu-Divindu-pad (78 kilometer), rehabilitasie van die Keetmanshoop-Mariental-gedeelte tussen Tses en Gochas (89 km) en die opgradering van 144 km se grondpaaie na laevolume seëlstandaarde.

Dit sal ook die rehabilitasie van die Onhuno-Eenhana-pad (fase 1), instandhouding van paaie in die Etosha Nasionale Park, rehabilitasie van die Karibib-Omaruru-pad en rehabilitasie van paaie in Rundu insluit.

DRASTIESE VOORSTEL

“Twee jaar gelede het die RFA ’n verhoging van N$0,50 in die brandstofheffing vir die 2023-’24- en 2024-’25-boekjare aan die ministerie van finansies voorgestel.”

Ipinge het gesê hierdie drastiese dog noodsaaklike voorstel was om die voortdurende finansieringstekorte aan die nasionale padnetwerk sowel as stedelike paaie doeltreffend te takel.

Gedurende die 2022-’23-boekjaar is geen aanpassings egter goedgekeur nie.

Intussen is die brandstofheffing tussen Mei en Oktober 2022 met 50% van N$1,48 tot N$1,047 per liter verminder.

“Dit is gedoen om verligting aan padgebruikers te bied van die hoë brandstofpryse, stygende heffings en ’n algemeen hoër koste van goedere en dienste.”

Ipinge het gesê die gevolglike inkomsteverlies van sowat N$350 miljoen is deur die RFA geabsorbeer uit sy reserwefonds en finansieringsverpligtinge aan alle goedgekeurde owerhede.

Vanjaar het die RFA ’n studie voltooi wat gekyk het na toepaslike heffings vir die voldoende bewaring van die land se paaie en die volhoubaarheid van inkomstegenerering, het hy bygevoeg.

Daar is ’n aanduiding dat finansieringsvereistes om die huidige padnetwerk in ’n aanvaarbare toestand te handhaaf, en om die finansieringsgaping te sluit, sal vereis dat die brandstofheffing teen 2026 teen N$2,98 per liter moet wees.

Die finansieringsgaping sal na N$3,6 miljard in die 2024-’25-boekjaar vergroot, het Ipinge gesê, wat ’n aansienlike gaping in die befondsing van die padsektor plaas.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!