CoW keur nuwe nedersettings goed
Verskeie geriewe word beplan
Met die goedkeuring van twee nuwe informele nedersettings beoog die Windhoek-munisipaliteit om probleme in reeds oorvol nedersettings hok te slaan.
Jemimah Ndebele – In ’n poging om uitdagings te takel wat met verstedeliking gepaard gaan en om toegang tot basiese dienste te verseker, het Stad Windhoek (CoW) die stigting van twee informele nedersettings wat vir lae-inkomstegroepe geoormerk is, goedgekeur.
Die stap kom as deel van ’n omvattende poging om die lewensomstandighede van diegene wat tans in oorvol informele nedersettings woon, te verbeter.
Die eerste goedgekeurde nedersetting, Otjomuise Uitbreiding 14, is gereed om die druk op oorvol informele nedersettings te verlig.
Die 35,5 hektaar wat langs Matshitshistraat op Plaas 1033 geleë is, is strategies suidwes van die Goreangabdam en noord van Otjomuise Uitbreiding 10 geleë.
Die tweede goedgekeurde nedersetting, Otjomuise Uitbreiding 15, sal op die oorblywende gedeelte van Plaas 999 geleë wees. Die 23,3 hektaar is langs Matshitshistraat geleë, en is aangrensend aan die Goreangabdam en Otjomuise Uitbreiding 10.
Moses Matyayi, die nuut aangestelde uitvoerende hoof van die Windhoekse munisipaliteit, het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê: “Die ontwerp sluit 310 erwe in wat vir enkelresidensiële gebruik gesoneer is, 12 erwe vir algemene residensiële gebruik met 157 wooneenhede, en 30 erwe wat vir openbare ruimtes gereserveer is.
“Daarbenewens is daar planne vir vier institusionele erwe, drie munisipale erwe en twee erwe wat vir straatdoeleindes gereserveer is.”
Wat finansiering betref, het Matyayi gesê: “Die stad sal die twee nedersettings ontwikkel deur ’n kombinasie van sy eie en geleende fondse te gebruik.”
GOREANGAB-ONTWIKKELING
Verder, met die erkenning van die noodsaaklikheid om leemtes in infrastruktuur te oorbrug, het die munisipale raad ’n gedeelte van Plaas 508 vir belangrike staatsgeriewe geoormerk.
Dit sluit ’n gesondheidsentrum, laer- en sekondêre skole en ’n polisiekantoor in, wat veral daarop gemik is om leemtes in die Samora Machel-kiesafdeling te takel.
Die direktoraat van onderwys in die Khomasstreek het drie ongeregistreerde skole in die informele gebied van Goreangab ontdek wat 800 leerlinge huisves.
“Ouers het aangevoer die lang afstande na bestaande skole is die rede hoekom hulle die nabygeleë ongeregistreerde skole gekies het,” het die stadsraad tydens sy onlangse raadsvergadering aangehaal.
“Die penarie wat die Khomas-direktoraat van onderwys in die gesig staar, is dat hulle nie ’n perseel het om ’n skool op te bou nie en hulle is bekommerd dat fondse terug na die tesourie herlei kan word.
“Sonder ’n behoefte aan verdere regverdiging, is die behoefte aan openbare dienste in die informele gebiede van Goreangab dringend. Om ’n krisis te vermy, moet die grond as ’n saak van dringendheid gebruik word om voorsiening te maak vir die bou van ’n laerskool, sekondêre skool, gesondheidsentrum, en ’n polisiekantoor terwyl ’n huur- of koopaansoek voorberei word,” het die raad verder aangehaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie