Damme, riviere se vlakke laag

Ellanie Smit
Ellanie Smit – Sommige van Namibië se grensriviere het nou baie lae watervlakke vir hierdie tyd van die jaar bereik, terwyl die gemiddelde vlak van Namibië se opgaardamme op slegs 54,8% staan.

Volgens die jongste vloedbulletin wat deur die hidrologiese dienste uitgereik is, is die vlakke van die Zambezi-, Kavango en Oranjerivier baie laag.

Dit het gewaarsku dat ’n dreigende hidrologiese droogte kan voorkom as reënvaltoestande nie verbeter nie, en daarop gewys dat toevoerdamme soos Hardap, Swakopppoort, Von Bach, Omatako, Tilda Viljoen, Daan Viljoen en Otjivero nie goeie invloei gekry het nie.

Die enigste damme wat volgens NamWater se jongste dambulletin die afgelope week ná goeie reën invloei gekry het, is die Swakoppoort, Von Bach en Tilda Viljoen.

“Aktivering van gebeurlikheidsplanne vir hidrologiese droogteversagting word sterk aangeraai,” lui die vloedbulletin.

Die lae riviervlakke hou nie net ’n bedreiging in vir wild en diere wat van en in hierdie waters oorleef nie, maar ook vir die lewensbestaan van gemeenskappe wat van visvang afhanklik is.

Verder kan dit ’n impak hê op toerisme-aktiwiteite soos bootvaarte en tiervishengel.

Die watervlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het die naweek met 6 cm gedaal en het Maandag ’n vlak van 1,33 m aangeteken. Die Kavangorivier by Rundu het toegeneem en op 5,34 m gestaan.

Die Kunenerivier by Ruacana het ’n vloei van 355,30 kubieke meter per sekonde aangeteken.

Die vlakke van die Oranjerivier by Blouputs het op 0,51 m gestaan, terwyl dit by Sendelingsdrift Maandag 0,42 m aangeteken het.

“Die vrygestelde water van die Vanderkloofdam het Blouputs en Sendelingsdrift bereik. Dit is egter belangrik om daarop te let dat die riviervlak laag bly en gebruikers moet kennis neem van die wisselende lae vlakke en die nodige voorsorgmaatreëls tref,” lui die vloedbulletin.

Volgens die dambulletin staan die damme in die sentrale gebied van Namibië nou gesamentlik op 22,6% van hul kapasiteit in vergelyking met die vorige seisoen toe hulle gesamentlik 42,8% vol was.

Die Swakoppoortdam staan op 38,6% van sy kapasiteit, die Von Bachdam is 11,1% vol (een persent voller as verlede week ná invloei) en die Omatakodam is op 0,4%.

Hierdie driedamstelsel voorsien Windhoek van water en die totale gemiddelde vlak van die damme staan op 19,4% vergeleke met verlede seisoen toe hulle gemiddeld 40,2% was.

Intussen is die Friedenaudam 55% vol, en die Goreangabdam is op 102%.

In die Suide staan die gemiddelde vlak van die damme op 62%, vergeleke met verlede seisoen toe hulle 77,7% vol was.

Die Neckartaldam, wat Namibië se grootste dam is, staan op 83,5% van sy kapasiteit. Verlede seisoen was dit 93,7% vol.

Die vlak van die Hardapdam naby Mariental het tot ’n skamele 11,7% gedaal en wanneer dit sowat 6% van sy kapasiteit bereik, sal alle water na die Hardap-besproeiingskema stop.

Die Nautedam is op 39,3%, die Oanobdam is 42,3% vol, terwyl beide die Dreihukdam en die Bondelsdam leeg is.

In die ooste van die land is die totale gemiddelde van die damvlakke slegs 3,4% en verlede seisoen was dit 10,6% vol.

Die Otjivero-hoofdam en Tilda Viljoen is albei 4,5% vol en die Daan Viljoendam staan op 5,5%.

Die Namibië Meteorologiese Dienste voorspel swaar reënval sal na verwagting op plekke in die streke van die Kunene, Erongo, Otjozondjupa, Khomas, Omaheke en die Suidooste voortduur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Down -0.23% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 758.62/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.0065 | Zinc US$ 2 910.00/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 79.20/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 955.74/OZ UP +0.04% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Down -0.23% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 758.62/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.0065 | Zinc US$ 2 910.00/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 79.20/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 955.74/OZ UP +0.04%