BRIMMING: The Neckartal Dam outside of Keetmanshoop remains 97.5% full. Photo: FILE
BRIMMING: The Neckartal Dam outside of Keetmanshoop remains 97.5% full. Photo: FILE

Damme tans 77% vol

Goeie reënval vir SADC voorspel
Die land se drie grootste damme is tans onderskeidelik 60,6%, 97,5% en 90,2% vol.
Ellanie Smit
Ellanie Smit

Die totale gemiddelde vlak van Namibië se damme het tot 77,9% gedaal, met vyf van die land se damme wat steeds meer as 80% vol is.

Met die reënseisoen om die draai, dui voorspellings daarop dat die grootste deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-streek waarskynlik goeie reënval van Oktober vanjaar tot Maart 2023 sal ontvang.

Volgens NamWater se jongste dambulletin wat Maandag vrygestel is, staan die gemiddelde damvlakke in die sentrale gebiede van Namibië op 52,7%, teenoor verlede seisoen se 74,9%.

Die Swakoppoortdam is nou op 83,5% van sy kapasiteit, die Von Bach is 46,9% vol en die Omatakodam is op 5,8%.

Intussen is die Friedenaudam op 83,2% en die Goreangabdam op 97,2%.

In die Suide staan die gemiddelde vlak van die damme op 86,8% – effens hoër as verlede seisoen se 86,2%.

Die Hardapdam is 60,6% vol, die Neckartaldam se vlak staan op 97,5% en die Nautedam is op 90,2%.

Laasgenoemde drie is die grootste damme in die land. Verlede seisoen was die Hardap 58,9% vol, die Neckartal 96,3% en die Naute was op 90,2%.

Verder staan die vlak van die Oanobdam op 74,6% en die Dreihukdam op 8,7%, terwyl die Bondelsdam leeg is.

In die ooste van die land staan die totale gemiddelde damvlakke op 19,4%, in vergelyking met verlede seisoen se 33,6%.

Die Otjivero-hoofdam is 28,9% vol, die Tilda Viljoendam 44% en die Daan Viljoendam 48%.

In ander dele van die land is die Olushandjadam in die Oshanastreek 13,3% vol, terwyl die Omaruru-deltadam in Erongo en die Omatjennedam in Otjozondjupa albei leeg is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!