Donker dae lê voor vir sommige
TID-uitrolveldtog eindig Sondag
Kragverbruikers het minder as twee dae om te verseker dat hul voorafbetaalde meters opgedateer is.
Alhoewel die meeste huishoudings aan die vereistes van die koepon-identifiseerder (token identifier – TID)-uitrolveldtog voldoen, is daar duisende huishoudings wat na verwagting sonder elektrisiteit sal wees wanneer die nasionale sperdatum oor minder as twee dae aanbreek.
Namibië het 335 964 voorafbetaalde kragmeters, met sowat 325 106 meters (97%) wat opgedateer is en 10 858 (3%) meters wat nog opgedateer moet word.
Dit is volgens die jongste inligting van die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) se register vir die veldtog.
Dit blyk dat inwoners in dorpe wat deur streek-, munisipale en dorpsrade in die suide van Namibië bestuur word die meeste geraak sal word. Dit sluit onder meer Aranos, Aroab, Berseba, Bethanie, Gobabis, Gochas, Kalkrand, Karasburg, Koës, Leonardville, L?deritz, Maltahöhe, Mariental, Oranjemund, Rehoboth en Tses in.
Hierdie gebiede het sowat 43 916 meters in totaal met 37 924 (86%) wat reeds opgedateer is, terwyl 5 992 (14%) nog uitstaande nie.
’n Inwoner en sake-eienaar van Lüderitz het kommer uitgespreek oor mense wat nie elektrisiteit sal kan koop nie omdat hulle nie hul voorafbetaalde kragmeters laat opdateer het nie.
“Binnekort sal baie van ons inwoners in die donker gelaat word wanneer hul meters ophou werk. Sommige sal beslis hierdie feestyd en daarna sonder elektrisiteit wees,” het die inwoner gesê wat op voorwaarde van anonimiteit met Network Media Hub (NMH) gepraat het.
Volgens hom het L?deritz se dorpsraad sy inwoners in die steek gelaat.
“Hulle [die raad] sê nou vir mense om ekstra eenhede vooruit te koop vir die maande wat voorlê. Die vraag is hoe sal mense wat dit nie kan bekostig om kos op hul tafels te sit, dit kan doen?” het hy gevra.
OPDOK VIR NUWE METERS
Die hele land is sedert verlede jaar op die TID-uitrolveldtog om meters op te dateer voordat voorafbetaalde dienste gesluit word weens die beperkings op die gebruik van die verouderde koeponstelsel (token system).
Die stelsel sal teen eerskomende Sondag ophou om koepons te aanvaar. Diegene sonder opgedateerde meters sal ná die sperdatum N$2 280 moet opdok om nuwe toestelle te laat installeer.
SYFERS
Die ECB se register toon dat daar 7 050 voorafbetaalde kragmeters in Lüderitz is, waarvan 5 724 meters (81%) opgedateer is met 1 326 meters (19%) wat nog uitstaande is.
Volgens ’n tegnikus van die Lüderitz-dorpsraad, Elia Haifete, is dit nie ’n ware weerspieëling van die situasie op dié dorp nie.
“Ons het byna 1 000 PT1-meters wat onvoldoende is, vervang met ’n geraamde 500 van hierdie tipe meters wat in 1998 bekend gestel is, wat nog vervang moet word.
“Hierdie aantal meters wat vervang is, word nie op die implementeringsregister van die ECB se nasionale TID-uitrolprogram aangedui nie. Ons proses is ongeveer 98% voltooi.”
Lüderitz se burgemeester, Phil Balhao, het gesê die raad doen alles in sy vermoë om enige verlies aan kragtoevoer te verhoed.
“Talle is nie in ’n posisie om bykomende koepons (tokens) te koop nie, dit beteken dat hul toevoer afgesny sal word. Diegene wat meer koepons kan koop, moet dit voor die sperdatum doen.
“Inwoners word ook versoek om ons kragafdeling te kontak en meters aan te meld wat nie opgedateer is nie,” het hy aangeraai.
Daar is ook, volgens Balhao, die risiko van ’n toename in brandvoorvalle in die afwesigheid van kragtoevoer.
“Sommige huiseienaars sal hulle tot alternatiewe maniere moet wend om byvoorbeeld maaltye voor te berei. Ons doen ’n beroep op alle geraakte inwoners om ekstra versigtig te wees wanneer hulle kos en ander items op oop vlamme voorberei word. Ons brandweer is voorbereid, doeltreffend toegerus en gereed vir noodgevalle.”
SAMEWERKING
Inwoners meen ook dat baie van hulle bedags by die werk is wanneer tegnici beskikbaar is om die prosedure te doen. Haifete het gesê dat die raad 10 mense bykomend tot twee voltydse tegnici ontplooi het om die kwessie te takel.
“Die raad het meer as ’n week gelede ’n besluit geneem om tegnici toe te laat om buite amptelike werksure te werk. Ons het ook aanlyn video-inligtingsessies op ons sosialemediaplatforms aangebied om bewusmaking te verhoog. Kennisgewings is ook uitgestuur en op kennisgewingborde geplaas.”
Haifete het verduidelik dat die meeste eiendomme sonder opgedateerde meters in die Nautilus-omgewing en binne die dorpsgebied, veral in Bismarckstraat, geleë is.
“Die tyd raak min. Die grootste kwessie wat ons moet hanteer is ’n klaarblyklike gebrek aan samewerking en die beskikbaarheid van eienaars van eiendomme.”
Hy het mense wie se elektrisiteit afgesny is, herinner om die kantore te besoek sodat hul meters opgedateer kan word.
“Diegene wie se meters opgedateer of vervang moet word, kan ons kontak wanneer hulle by die huis is sodat ons die vervanging of opdatering kan doen.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie