Droë krane frustreer inwoners

Aurelia Afrikaner
Die voortgesette waterkrisis en -onderbrekings op Okahandja is die gevolg van ‘n klep wat onlangs deur NamWater installeer is. Die munisipaliteit se uitvoerende hoof Alphons Tjitombo, het by navraag gesê die onderbrekings is die gevolg van ‘n klep wat onlangs deur NamWater installeer is.

“Die opbou van water is baie stadig, iets wat ook deur die klep veroorsaak word. Dit is hoekom Veddersdal altyd laaste water kry,” het Tjitombo verduidelik.

NamWater se hoof van openbare verhoudinge en korporatiewe kommunikasie Lot Ndamanomhata, het op sy beurt verduidelik die primêre oorsaak van die onderbrekings is die opknapping van die 15 000m³ grondreservoir wat sedert April 2024 buite werking is.

“Hierdie opknappingswerk is noodsaaklik om die langtermyn betroubaarheid van die watervoorsieningstelsel te verseker. Hoewel dit tot tydelike ongerief gelei het, is dit noodsaaklik vir die volhoubaarheid van die infrastruktuur vir watervoorsiening,” het Ndamanomhata verduidelik.

“Onlangse onderbrekings van watertoevoer is vererger deur pype binne die dorp se eie netwerkstelsel wat apart is van NamWater se infrastruktuur,” het hy gesê. Volgens hom werk NamWater nou saam met die Okahandja-munisipaliteit om die probleme met gebarste pype op te los.

Met die oog op die toekoms het Tjitombo inwoners verseker dat stappe gedoen word om die situasie op te los. “Ons werk daaraan om 'n ondersteuningspomp op te sit om die watertoevoer te verbeter en ‘n hupstoot te gee. Die proses het begin en die bodproses is oop vir konsultasies waarna ‘n waarna ’n kontrakteur aangestel sal word,” het hy gesê.

Watertoevoer wat die een dag aan en die volgende weer af is, maak dat baie huishoudings met die mees basiese behoeftes sukkel. Kennisgewings dat krane gaan droog wees, kom ook meer as gereeld hopeloos te laat om die nodige voorbereidings te tref. ‘n Gefrustreerde inwoner van Veddersdal wat verkies om naamloos te bly, het die situasie beskryf as erger as wat in die verlede ervaar is.

“Wanneer ek van die werk af kom, lyk my huis asof ‘n orkaan dit getref het omdat die wasgoed nie gewas kon word nie. Naweke kan jy laat slaap, maar nou moet ek vroeg opstaan om seker te maak daar is water. Ek moet ook my huishoudelike take vroeg klaarmaak, omdat jy nooit weet wanneer die water weer toe is nie,” het sy gesê.

Dit is egter nie net huishoudings wat negatief geraak word nie. Verlede week is leerlinge huis toe gestuur omdat skole nie water gehad het nie, iets wat glo toenemend gebeur en ‘n ernstige impak op kinders se onderrig het. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!