Fokus op padveiligheid in Ohangwenastreek
Die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) is tans besig met ’n uitreikprogram, MVA Fund on Wheels, in die Ohangwenastreek.
Die fonds staan mense by wat in padongelukke betrokke was.
Dié weeklange program bring die fonds se dienste nader aan die gemeenskap, terwyl dit ook bewusmaking oor die fonds se voordele, produkte en dienste skep.
Die MVAF is bekommerd oor die feit dat Ohangwena die streek is met die derde meeste padongeluk-verwante sterftes in die land. Dit terwyl ’n groot aantal onvolledige eise ook uit die streek kom waar die vereiste dokumentasie nie aangeheg is nie of bloot verkeerd ingevul is. Die onvolledige eisvorms skep uitdagings vir die MVAF om die eisproses binne die voorgeskrewe tydperk te finaliseer.
Die uitreikprogram sal verskeie kwessies takel wat onder meer die registrasie van eise en navrae insluit, die publiek inlig oor die voltooiing van eisvorms, produkkennis en betrokkenheid by belanghebbendes uitbrei, terwyl dit ook padveiligheidsveldtogte oraloor die streek versterk.
Die span sal die gemeenskappe van Ondobe, Okongo, Helao Nafidi, Ongha, Ongenga en Eenhana besoek. Terwyl die MVAF agt strategies geleë dienssentrums landswyd het, laat die program die fonds toe om afgeleë gemeenskappe te bereik, veral waar daar geen dienssentrums is nie.
Die uitreikprogram sal die fonds in staat stel om padveiligheid in die streek na die voorgrond te bring met besoeke aan skole, padveiligheidsingrypings by bushaltes en gemeenskapsvergaderings met die publiek.
Om ’n wyer gehoor te bereik, het die MVAF met NBC se Kati FM (Oshiwambo-radio) saamgespan om in ’n regstreekse uitsending sommige van die week se bedrywighede te bespreek.
Die uitreikprogram is reeds in die Erongo-, Khomas- en Omahekestreek ontplooi en die plan is om al 14 streke te besoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie