Keetmasnhoop-inwoners sal vir een maand onbeperkte gratis toegang tot die Wi-Fi hê en sal dan elkeen 1 GB komplimentêre data per toestel per maand ontvang. Foto Netwerk24
Keetmasnhoop-inwoners sal vir een maand onbeperkte gratis toegang tot die Wi-Fi hê en sal dan elkeen 1 GB komplimentêre data per toestel per maand ontvang. Foto Netwerk24

Gratis Wi-Fi vir Keetmanshoop

Internettoegang 'n 'basiese mensereg'
Elizabeth Joseph
Die munisipaliteit van Keetmanshoop het ‘n vennootskap met Leo Canopus aangegaan wat gratis toegang tot Wi-Fi-netwerkdekking vir inwoners sal verseker.

Dit volg ná ’n loodsprojek wat verlede jaar in die informele nedersetting Tseiblaagte van stapel gestuur is en wyd geloof is, onlangs afgesluit is.

Luidens ‘n verklaring wat deur die munisipaliteit uitgereik is, sal die gemeenskap van Keetmanshoop teen einde Augustus die gratis Wi-Fi kan begin gebruik.

“Tydens die loodsfase het ’n gemiddeld van 77 inwoners daagliks internettoegang gehad en veral studente het dit baie waardeer,” lui die verklaring.

Keetmasnhoop-inwoners sal vir een maand onbeperkte gratis toegang tot die Wi-Fi hê en sal dan elkeen 1 GB komplimentêre data per toestel per maand ontvang.

TOEGANG TOT INLIGTING

Dorpsinwoners sal vir een maand onbeperkte gratis toegang tot die Wi-Fi hê, waarna elkeen maandeliks 1 GB komplimentêre data per toestel sal ontvang.

“Fase twee sal na verwagting teen die einde van Augustus vanjaar voltooi wees en sal Tseiblaagte-, Krönlein- en Hampie Plichtastraat in die dorp dek,” het die munisipaliteit bygevoeg.

Leerders en studente sal gevolglik die geleentheid hê om opdragte te voltooi en in te handig, terwyl dit voorheen moeiliker was sonder internettoegang.

Volgens mnr. Nerro Dankie Nendongo, ‘n Leo Canopus-tegnikus, hoop hul maatskappy om inklusiewe konnektiwiteit ‘n hupstoot te gee terwyl hulle die dorp se tegnologie-infrastruktuur verder ontwikkel.

“Ons wil help om gelyke toegang tot die internet aan die mense van Keetmanshoop te gee. Die maatskappy hoop almal sal op hierdie manier verbind kan bly,” het hy gesê.

BASIESE MENSEREG

Die geskatte spoed per toestel is 2 MB per sekonde en die eerste fase het N$183 846,85 gekos.

Nendongo het bygevoeg onder die verwagte uitdagings is dat sommige lae-inkomste inwoners nie die regte toestelle sal hê om die diens te benut nie.

“Mense het dalk nie toestelle soos selfone of skootrekenaars wat nodig is om die internet te gebruik nie en dit is die enigste uitdaging wat ek vir nou sien,” het hy gesê.

Me. Dawn Kruger, woordvoerder van die Keetmanshoop-munisipaliteit, het gesê die doel is om internetdienste beskikbaar te stel aan inwoners vir wie dit gewoonlik ontoeganklik is.

“Ons voel toegang tot die internet of inligting is ‘n basiese mensereg, en ook dat dit ekonomiese voordeel vir die dorp inhou. Dit is hoekom dit so belangrik is,” het sy gesê.

Die projekbekendstelling vind vandag plaas.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!