Grensposte by Onseepkans, Rietfontein en Sendelingsdrift weer oop
Namibië en Suid-Afrika het Sondag grensposte by Onseepkans, Rietfontein en Sendelingsdrift amptelik heropen. Die grenspos by Sendelingsdrift is egter nog weens die watervlak van die Oranjerivier nie gereed om oop te maak nie. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Etienne Maritz, was die grensposte sedert 2020 weens die Covid-19-pandemie gesluit wat gelei het tot verminderde handel en beduidende sosio-ekonomiese gevolge vir albei lande. Reisigers word aangemoedig om steeds die verwante regulasies vir Covid-19-protokol te volg.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie